Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 9 VAN 30

Indien jy jou “gister” ten volle aan God toevertrou, dit onherroeplik maak, en in vertroue vashou aan wat Jesus Christus gedoen het, sal jou mond gevul wees met gelag en jou tong met gejubel. Baie min van ons bereik daardie punt, want ons glo nie dat Jesus Christus werklik bedoel wat Hy sê nie. Kan Jesus Christus my werklik nuut maak, met my gemeenheid en my boosheid? Kan Hy werklik my gedagtes en my drome herskep? Jesus het gesê: “Met God is alle dinge moontlik.” Die rede hoekom God dit nie vir ons kan doen nie is as gevolg van ons ongeloof; dit is nie dat God dit nie sal doen as ons nie glo nie, maar eerder dat ons toewyding aan Hom ‘n noodsaaklike deel van die verhouding uitmaak.



Die aanklaer van die broeders sê vir God: “Daardie man is ‘n gebroke riet, moet geen hoop op hom plaas nie, hy is ‘n belemmering en ‘n ontsteltenis vir U; breek hom.” Maar nee, die Here sal die geknakte riet nie afbreek nie, maar dit omskep in ‘n wonderlike instrument waaruit Hy pragtige musiek sal voortbring.



Oordenkingsvraag: Wat kom ek kort vanweë my weiering om te glo in die hoop wat God vir my het?



Aanhalings uit: "The Place of Help" en "Notes on Isaiah", © Discovery House Uitgewers
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid