Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 1 VAN 30

God se roeping raak slegs duidelik wanneer ons dit gehoorsaam, nooit terwyl ons die voor- en nadele daarvan opweeg en dit probeer uitredeneer nie. Wanneer ons God se roeping hoor, moet ons nie met God stry nie. Ons moenie met Hom probeer reël dat ons Hom sal gehoorsaam as Hy die roeping aan ons verklaar nie. Solank as wat ons aandring op ‘n verduideliking van die roeping, sal ons nooit gehoorsaam wees nie; maar wanneer ons gehoorsaam is, kry ons die verduideliking en soos ons terugkyk kan ons glimlag met vertroue. Voor ons is daar niks, maar bo ons is God en ons moet Hom vertrou.



Wanneer ‘n heilige eers sy vertroue in God se keuse geplaas het, kan geen beproewing of droefheid ooit daardie vertroue beïnvloed nie. Wanneer ons besef dat daar geen hoop vir verlossing in menslike pogings is nie, of in enige iets anders wat ons doen nie, dan eers aanvaar ons die regverdiging van God en kan ons getrou bly aan die uitverkiesing van God in Christus Jesus. Dit is die beste geneesmiddel vir geestelike verval.



Oordenkingsvrae: Watter vraag het ek wat ek verwag dat God moet antwoord? Watter opdrag het God vir my gegee wat ek moet gehoorsaam?



Aanhalings uit: "Not Knowing Where" en "Christian Disciplines", © Discovery House Uitgewers
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid