Leesplan inligting

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te WeesVoorbeeld

Becoming the Leader God Intended Me to Be

DAG 4 VAN 5

Dag 4



Deur grense te stel bevry jou om meer te doen



Die wete wat vir jou waardevol is en wat nie, kan verhoed dat jy onverstandige besluite neem.



Jesus het al van 'n jong ouderdom af geweet wat sy roeping was — sommige vermoed Hy was ongeveer 12 jaar oud toe Hy "verlore" geraak het. Sy aardse ouers het 'n wanhopige soektog na Hom begin en toe Hy "gevind" is, het Jesus hulle gevra waarom hulle na Hom gesoek het ... het hulle nie besef dat Hy met die werk van sy Vader besig was nie?



Jesus het na sy opstanding vir sy dissipels die volgende opdrag gegee: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Johannes 20:21). Hy was baie duidelik in sy sending en het dit ook duidelik aan ons oorgedra.



Behalwe om duidelik te wees oor jou roeping en visie, moet jy ook duidelik wees oor jou "nee" — en jou "ja". Dit is 'n tema wat regdeur die Bybel loop, in Matteus 5:37a staan geskryf: “Laat julle 'ja' eenvoudig 'ja' wees en julle 'nee', 'nee'.” 



Wanneer jy helderheid het oor wie jy is, sal dit voor die hand liggend en maklik wees om ja te sê vir die dinge wat binne jou visie en roeping val en jy sal gemaklik nee kan sê vir die dinge wat nie ooreenstem met jou roeping nie. Om afstand te doen van dinge wat jou aandag aflei, laat jou toe om te fokus op die take voor jou en dit sal jou vinniger verder neem.   


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Becoming the Leader God Intended Me to Be

Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.  

Ons wil vir OneHope en Bob Hoskins bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid