Leesplan inligting

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te WeesVoorbeeld

Becoming the Leader God Intended Me to Be

DAG 3 VAN 5

Dag 3



Bly gereed



Ek weet nie van jou nie, maar my dae is tot oorlopens toe vol van vergaderings, foonoproepe, toespraak-verpligtinge, konferensies en kollegas. Tussendeur het ek geskeduleerde stiltetye, gebed-, ete- en gesinstye, want dit is vir my belangrik. 



Ek het die belangrikheid daarvan geleer om sekere tye op my kalender oop te hou. Ek kan kies om daardie tye vir studies te gebruik en om vaardighede te bou, vir rus, of net sodat daar ruimte is om "ja" te sê as 'n geleentheid homself voordoen. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om buigbaar te bly en nie toe te laat dat te veel beplanning in die pad van geleenthede staan nie. 



Peter Drucker het gesê: “Te veel beplanning kan jou doof maak vir geleenthede. Geleenthede klop, maar dit klop net een keer. Jy moet gereed wees om die kans te vat.”



Om gereed te wees om "ja" te sê, moet jy buigbaar wees, gereed om die regte geleenthede aan te gryp wanneer hulle kom. Kyk na jou kalender en bid dat die Here jou sal lei waar om spasie in te ruim om "ja" te sê vir 'n paar groot geleenthede wat Hy vir jou beplan! 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Becoming the Leader God Intended Me to Be

Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.  

Ons wil vir OneHope en Bob Hoskins bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid