Leesplan inligting

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te WeesVoorbeeld

Becoming the Leader God Intended Me to Be

DAG 1 VAN 5

Inleiding



Ons wêreld het wyse, sterk, beginselvaste en barmhartige leiers nou meer as ooit tevore nodig. Ons het individuele leiers in kerke en in die bediening nodig wat mense eerste stel. Ons het bestuurders nodig wat ondernemings en nie-winsgewende organisasies met integriteit lei. Ons het ouers nodig wat omgee vir die volgende geslag leiers en hulle oplei "hoe hulle moet leef" (Spreuke 22.6). 



Bestuursghoeroe, Peter Drucker, se vernuwende insigte oor leierskap en sosiale ekonomieë was sy tyd vooruit en raak elkeen van hierdie areas kragtig aan. Sy breë kennis met betrekking tot die ontwikkelende werksplek het baie van die wêreld se invloedryke en suksesvolle leiers in verskeie organisasies ingelig, van liefdadigheid tot reuse maatskappye. Sy waardevolle woorde het leiers regoor die wêreld geraak, insluitend die span hier by OneHope, en dit hou krag in vir enigiemand wat hulle eie leierskap vaardighede wil verdiep.



  



Dag 1



Om my persoonlike leierskap te laat groei



Elke leier het een ding in gemeen, jy is aanhoudend besig om geleenthede vir verbetering te soek. Dit is nie net van toepassing in die sakewêreld nie, maar op alle terreine — van finansiële beplanners tot dokters, verwers tot regsassistente, oppassers van troeteldiere tot ouers en almal tussenin!



Daar is tydlose wysheid te bekom van praktiese, bewese kundiges soos Peter Drucker, maar die Bybel het ook baie te sê oor leierskap. 



Eerstens, weet wie jy is. 



“Wanneer mense op die pad van sukses is,” het Drucker gesê, “is hulle geneig om aan herposisionering te dink as iets wat hulle doen as hulle misluk. Tog sou ek sê dat jy moet herposisioneer wanneer jy suksesvol is, want dit is wanneer jy dit kan bekostig.”



Jesus praat baie daarvan dat jy moet weet wie jy is en waar jy heen op pad is.



Meer as 18 maal in die Bybel sê Jesus: "Ek is" en gee dan 'n beskrywing. Hy beskryf Homself as die deur, die brood van die lewe, die weg, die waarheid, die opstanding en die lewe. Hy definieer Homself herhalend. Jy ontdek wie jy is deur te weet wie s'n jy is.



Jesus het geweet wie Hy is en ook waarom Hy hier was.



“Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het” Johannes 6:38.



Wanneer jy vandag bid, erken jou identiteit in Christus en bevestig die opdrag wat Hy vir jou gegee het.





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Becoming the Leader God Intended Me to Be

Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.  

Ons wil vir OneHope en Bob Hoskins bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid