Leesplan inligting

Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 7 VAN 7

VOORWAARTS NA OORWINNING 

Aan die einde van Dawid en Goliat se verhaal, lees ons, “Met die slingervel en klip was Dawid sterker as die Filistyn en het hy hom verslaan en doodgemaak. Dawid het nie eens ’n swaard by hom gehad nie!” (1 Samuel 17:50).  In 'n kwessie van ure het 'n herderseun, met net sy slingervel en sy geloof in God, 'n vreesaanjaende reus neergevel wat die Israeliete vir veertig dae lank gespot het.  Jou Herder, Jesus, sal dieselfde vir jou in jou lewe doen, as jy Hom toelaat (sien Johannes 10:11). 

In Psalm 23:5, sê Dawid van die Here, “U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders.” Jesus, jou Redder, belowe om jou te lei, te rig en jou te beskerm . . . nie in die afwesigheid van jou vyande nie, maar absoluut in hulle teenwoordigheid.  Wanneer die druk, die donkerte en die stryd van jou reuse om jou toetrek, sprei jou Herder 'n feesmaal van voorsiening uit in die geveg.  Hy gee jou alles wat jy nodig het, nie slegs om te oorleef nie, maar in der waarheid om te floreer soos wat jy op jou pad na vryheid gaan.

Die Bybel stel dit dat Jesus nie slegs jou Herder is nie, maar ook die Leeu van Juda (sien Openbaring 5:5).  Sy brul regeer die nasies.  Sy stem verpletter die vyande.  Maar vir 'n kort rukkie word Satan toegelaat om te roof en te soek na krake waardeur hy homself in jou gedagtes kan inwurm.  As jy hom nie stop nie, sal hý die een wees wat by die tafel aansit.  En as hy by jou tafel sit, dan sal hy werk om jou vertroue in God te ondermyn.  Hy sal probeer om jou te vertel dat jy heeltemal alleen in die geveg is en dat jy geen kans het om jou reuse te sien val nie.

In sulke tye moet jy met Dawid saamstem — ten spyte daarvan dat hy heelwat teëspoed in sy lewe ervaar het – kon hy met oortuiging sê, “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.” Dawid het geweet dat God alles onder beheer het.  Hy het erken dat God tydens die donker tye in sy lewe aan sy sy was, saam met hom deur die vallei geloop het.  Jy kan dieselfde vertroue hê, maar slegs as jy weier om toe te laat dat die vyand by jou tafel kom sit. 

Die rede is dat wanneer die vyand aan jou tafel is, sal hy probeer om jou te oortuig dat jy dit nie gaan maak nie.  Hy sal jou kop laat draai en jou herinner dat jy omring is en dat almal daarop uit is om jou te kry.  Hy sal probeer om jou te verlei met gedagtes dat daar iets beter is by 'n ander tafel en dat God jou maar net verdra.  In plaas daarvan moet jy egter kies om te glo dat jou Herder belowe het om jou deur die vallei te neem, dat Hy altyd by jou is, dat Hy weet wat die beste vir jou is en dat jy Sy geliefde kind is. 

Dus, neem vandag 'n sitplek in by God se groot tafel.  Sit aan, wees stil, en geniet net die teenwoordigheid van jou hemelse Vader.  Gaan na Hom toe, wanneer jy ook al moeg en oorlaai voel, want Hy het belowe om vir jou rus te gee (sien Matteus 11:28).  Fokus minder op die vyande wat jou omring en meer op die feit dat Hy daar by jou is.  Beweeg vorentoe in die oorwinning wat Hy vir jou behaal het — en kyk hoe Hy al die reuse in jou lewe een vir een laat val.

Reageer 

Watter hindernisse weerhou jou daarvan om in oorwinning vorentoe te beweeg?  Hoe kyk jy na Jesus se posisie in jou gevegte?

Hoe het Satan probeer om sy weg in jou hart en jou gedagtes in te werk?  Hoe affekteer dit jou uitkyk op jou omstandighede? 

Hoe het Jesus vir jou voorsien deur moeilike uitdagings?  Hoe kan jou fokus op Jesus jou help om die reuse rondom jou te oorkom?

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry di...

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid