Leesplan inligting

Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 6 VAN 7

VERSLAWING MOET VAL 

Toe Dawid aangebied het om teen Goliat te gaan veg, het koning Saul vir hom gesê, “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk...” (1 Samuel 17:33).  Hy het verder gegaan om te verduidelik dat Dawid geen teenstander vir die reus was nie, omdat die reus “van kindsbeen af” 'n vegter was. Toe Saul nie vir Dawid kon oortuig nie, het hy probeer om hom te beskerm deur sy eie wapenrusting vir hom aan te trek.  Hy wou Dawid reg aantrek sodat hy sterker en meer beskerm kon voorkom as wat hy regtig was.

Ons doen dieselfde in ons eie lewe.  Ons voel magteloos in 'n gebroke wêreld en ontbloot om aangeval te word, dus trek ons valse wapenrustings aan en skuil agter verslawings.  Die hartseer werklikheid is dat ons 'n verslaafde generasie is.  Ons mag dalk nie aan onsself dink as verslaafdes nie, maar die feit van die saak is dat die meeste onder ons iets in ons lewe het wat ons voel ons nie sonder kan leef nie — hetsy dit alkohol, verhoudings, inkopies, prestasies, dwelms, adrenalien of selfs sosiale media is.  Ons is verslaaf aan daardie ding en kan nie die gewoonte breek om daarna te gryp wanneer ons kwesbaarhede deur die oppervlak breek nie. 

Die reus van verslawing kan jou beroof van God se beste bedoelings vir jou.  Dit kan jou op 'n nimmereindigende pad neem na 'n nooit-vervulde belofte.  Op die ou end, sal dit bo-oor jou kom staan, jou verspot laat lyk en die roem en glorie van God in jou lewe verduister.  Dus, hoe kan jy die oorwinning van Jesus oor hierdie reus 'n werklikheid maak?

Die sleutel is om verby die simptome van die verslawing te kyk en te fokus op die oorsaak. Vra jouself vrae soos, “Wat is die oorsaak van die chaos in my lewe?  Hoekom voel ek so waardeloos?  Hoekom vrees ek om waarlik geken te word?  Waar kom die pyn vandaan?”  Tensy jy bereid is om te soek na wat jou probleme veroorsaak, gaan die reus van verslawing nie val nie. 

Die meeste onder ons volg 'n patroon, wanneer ons kwesbaar vir 'n aanval is, om swak te voel.  Hierdie swakheid, op sy beurt, dwing ons om toe te maak en dit self te probeer hanteer.  En wanneer ons toemaak en dit self probeer hanteer, hardloop ons na 'n verslawing.  Gelukkig is daar 'n oplossing.  In plaas daarvan om na verslawing toe te hardloop  wanneer jy dit nodig het, hardloop na Jesus.  Weet dat watter kwesbaarheid jy ookal ervaar, Jesus sal jou nie wegstoot nie.  Hy aanvaar jou in Sy liefde en vul jou met Sy lewe.  Hy verruil jou swakheid vir sy krag.  Wanneer jy nie in staat is nie, is Jesus wel.

Die grooste leuen wanneer jy verslawing in die oë staar, is waarskynlik dat jy die geveg op jou eie kan voer en verberg uit die gesigsveld. Onthou altyd vryheid realiseer in die lig.  Jesus is die Lig vir hierdie wêreld, en Hy werk op sy kragtigste wanneer jy jou gebrokenheid en seer na die lig van Sy genade bring.  Jy is vry in Christus, die oomblik wat jy jou vertroue in Hom plaas.  Maar dit mag wees dat jy dalk moet steun op diegene wat die naaste aan jou staan om “die lae af te trek”. Doen wat ookal nodig is om jou lewe in te weef in 'n stelsel van oopheid, eerlikheid en verantwoordelikheid.

Op die ou end, het Dawid geweier om Saul se wapenrusting aan te trek.  Hy het alles waarmee Saul hom bewapen het eenkant gesit en gekies om eerder op die Here te vertrou. Hy het uitgegaan om teen die reus te gaan veg met net sy slingervel, sy staf en sy God — en hy het die reus neergevel.  As ons slegs na God gaan vir krag in ons kwesbaarhede, sal die reus van verslawing in ons lewe tot 'n val kom.

Reageer 

Wat is sommige van die situasies wat jou verlei om valse wapenrusting aan te trek om jou kwesbaarheid te beskerm?  Hoekom is dit so aanloklik om self jou pyn en kwesbaarheid te probeer hanteer?

Hoekom is dit dikwels moeiliker om in ons swakheid na Jesus te gaan eerder as na 'n verslawing?

Hoekom is dit noodsaaklik om betroubare individue van jou verslawing te vertel en hulle ondersteuning te kry en los te breek?  Hoe kan jy weet of iemand 'n veilige persoon  is wat jy kan vertrou met 'n verslawing?  Wat is die karaktereienskappe van 'n veilige persoon?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry di...

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid