Leesplan inligting

Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 7 VAN 7

VERLIG DIE WÊRELD   



As jy al ooit die noorderligte gesien het, dan sal jy weet God kan 'n ligskou vertoon soos geen ander nie! Die noorderligte — of aurora borealis — bestaan uit helder gekleurde ligte wat teen die lug in die gedeeltes rondom die Noordpool glinster en dans. Hulle word veroorsaak deur vinnig-bewegende deeltjies van die son (ons noem dit die sonwind) wat die aarde se elektromagnetiese veld tref. Hierdie elektromagnetiese veld omring die aarde om dit teen die skadelikste strale van die son te beskerm. Wanneer daardie deeltjies die gas atome in ons atmosfeer tref, begin daardie gasse gloei, wat hierdie betowerende ligspel skep. Hierdie ligte is so helder dat dit selfs vanuit die buitenste ruimte gesien kan word.



So 'n fantastiese ligskou kan slegs deur 'n fantastiese God geskep word. Die hoofdoel van hierdie wonderlike ligskou is om ons te vertel hoe groot en glorieryk ons God is.



Die hemelruim is egter nie die enigste ding wat God gebruik om ons van sy grootheid en heerlikheid te vertel nie. God skyn ook die lig van sy liefde in ons lewens sodat ons gloei van liefde vir Hom en ook vir ander. Hy vul ons met sy lig vir 'n groot doel — om in hierdie wêreld te skyn, sodat ander mense die pad kan sien om Hom te volg.



Hoe laat ons God se lig skyn? God sê: "Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het" (Efesiërs 4:31-32). As jy so lewe, sal jy sekerlik die wêreld verlig!



Wees Verwonderd!



Die kleure van die noorderligte word gevorm wanneer die sonwind teen verskillende gasse in ons atmosfeer bots. Geel, rooi en groen word gevorm wanneer die botsings met suurstof in aanraking kom. Pers-blou en blou word weer gevorm wanneer die sonwind teen stikstof bots.



Gebed



Vader, verlig my lewe met die lig van u liefde. Help my ook om u lig in die hele wêreld te laat skyn.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders ...

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid