Leesplan inligting

Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 6 VAN 7

VOLGEPAK MET KRAG  



Miere is klein wesentjies, maar hulle kan tot 50 keer hul eie gewig optel. Dan is daar die renoster wat tot 100 keer sy eie gewig kan optel. Vir 'n mens sou dit wees om iets wat ongeveer 9 ton weeg, op te tel. Of, dink so daaraan — 'n ysbeer weeg amper 'n halwe ton, dus sou dit wees asof jy 18 ysbere optel. Selfs meer indrukwekkend is die miskruier wat tot 1 141 keer sy eie gewig kan stoot — en jy wil natuurlik nie eens dink aan dit wat die miskruier stoot nie!



God kan geweldig baie krag en sterkte in klein pakkies verpak. Tewens, Hy pak 'n verstommende hoeveelheid krag en sterkte ook in jou. Jy sien, wanneer jy besluit om God se kind en volgeling te word, pak Hy sy Gees — die Heilige Gees — in jou. Jou liggaam word die woning van God se Gees! Dit is 'n onbeskryflike geskenk, maar dit is ook 'n geweldige verantwoordelikheid.



Jy sien, hierdie geskenk van die Heilige Gees was nie sommer gratis nie. "Julle is gekoop, en die prys is betaal" (1 Korintiërs 6:20), en God het daardie prys betaal toe Jesus aan die kruis gely en gesterf het. As gevolg daarvan, verwag God van jou om jou liggaam baie goed te versorg. Dit beteken dat jy die regte kos eet, oefen en genoeg rus. Dit beteken ook dat jy nie jou liggaam met dwelms, alkohol of rook beskadig nie. Dit is egter nie genoeg om net versigtig te wees met wat jy in jou liggaam sit nie. Om God te eer beteken ook om nie jou liggaam vir sonde te gebruik nie. Dit sluit in om nie jou mond vir skinder te gebruik of om met jou oë na verkeerde dinge te kyk nie.



As kind van God, is jou liggaam volgepak met die krag, sterkte en die teenwoordigheid van God se Gees. Vra Hom om jou te help om jou liggaam tot sy eer te gebruik en te doen wat Hy jou vra om te doen!



Wees Verwonderd!



Die spinnerak van die Nephila bolwewer-spinnekop is so sterk dat die mense in die suide van die Stille Oseaan dit vir visnette gebruik.



Gebed



Vader, ek weet dat ek maar nog klein is, maar ek weet ook dat U my op kragtige, groot maniere kan gebruik. Hoe kan ek vandag vir u lewe?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders ...

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid