Leesplan inligting

Onbeskryflik: 'n 7-Dag Reis Oor God En Die WetenskapVoorbeeld

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

DAG 2 VAN 7

HOU DIT BYMEKAAR



Het jy al gesien hoe bou werkers 'n baksteen gebou? Hulle pak nie sommer net die bakstene bo-op mekaar nie. Hulle het 'n soort gom nodig om die bakstene aanmekaar te hou. Hierdie gom word pleister genoem.



Op dieselfde wyse, bestaan jou liggaam uit 37 200 biljoen baksteentjies wat selle genoem word. Net soos 'n gebou, het hierdie selle 'n soort gom nodig om hulle aanmekaar te hou. Hierdie "gom" word laminin genoem.



Laminin hou letterlik jou liggaam aanmekaar. Wat selfs nog wonderliker is, is hoe laminin lyk. As jy deur 'n elektron mikroskoop daarna kyk, lyk dit soos ...'n kruis.



Hoekom is dit belangrik? Dit herinner ons dat ons God se eie skepping is. Weet jy, God het sy vingerafdrukke dwarsdeur sy skepping gelos. Die Bybel vertel ons, alhoewel ons nie God se onsigbare eienskappe kan sien nie — soos sy verstommende krag en heiligheid — ons wel sy skepping kan sien en weet dat Hy werklik bestaan (Romeine 1:20). Jesus was by God by die skepping en "God het alles deur Hom geskep. Ja, alles in die hemel en op die aarde — die dinge wat gesien kan word en en die dinge wat nie gesien kan word nie ... in Hom word alles saamgebind" (Kolossense 1:16-17 NLV).



Laminin is 'n beeld van dit wat Jesus ons in sy Woord vertel — Hy is die gom wat ons liggame, ons siele, en alles — saambind. Wanneer jy dus oorweldig voel na 'n regtig aaklige dag, dink dan aan laminin — en onthou dat Jesus vir jou — en alle dinge — aanmekaar hou.



Wees Verwonderd!



Die oudste gebruik van gom was om teer van 'n berkeboom se bas te maak, wat dan gebruik is vir die maak van spiese. Die oudste geskrewe rekord van die gebruik van gom, is in antieke Egipte. Hiërogliewe dui aan dat Farao Toetankamen (ook bekend as koning Tut) se doodskis deur gom, gemaak van diere se bene en vel, aanmekaar geplak was.



Gebed



Here, wanneer ek bekommerd raak oor al die dinge wat in my lewe en om my gebeur, help my om nie bekommerd te wees nie, maar te onthou dat U die Here van alles is — en dat U alles, ook vir my, bymekaar hou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Indescribable: A 7-Day Journey About God And Science

Hierdie leesplan is gebaseer op Louie Giglio se kinder-oordenking "Indescribable: 100 Devotions About God & Science" en sal kinders help om die verstommende skepping van ons onbeskryflike God te ontdek. Ouers en kinders ...

More

Ons wil graag vir Passion Publishing bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.louiegiglio.com/indescribable/ vir meer besonderhede en bronne oor die boek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid