Leesplan inligting

Ek kan 'n vriend weesVoorbeeld

I Can Be A Friend

DAG 7 VAN 16

Ek kan 'n vriend wees wat beste vriende met wysheid kies.


Jy gaan mettertyd net soos jou heel beste vriende begin optree. As jy hulle mooi gekies het, sal jy beste vriende hê wat jou help om God te respekteer. Jy sal sy plan vir jou lewe volg! As jy kinders kies wat ongelowig is, gaan jy selfsugtige en sondige keuses begin maak. Hulle sal jou weglei van God af. Dink na oor Spreuke 12:26 om jou te herinner om jou beste vriende versigtig te kies. Speel die Geheuespel om die vers te memoriseer!


Geheuespel


1. Jy benodig 'n stukkie papier, 'n potlood en 'n skêr.
2. Skryf die hele vers in Spreuke 12:26 op die papier neer.
3. Sny 10 reghoeke uit 'n ander stukkie papier uit.
4. Skryf een of twee woorde uit Spreuke 12:26 op elke stukkie papier neer.
5. Draai al die reghoeke onderstebo en skommel hulle.
6. Probeer om die woorde van die vers in die regte volgorde te plaas.
7. Speel weer, maar hierdie keer sonder om na die vers te kyk.



Vertel vir Iemand: Sê die hele vers op sonder enige hulp.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

I Can Be A Friend

Met die hulp van God kan jy 'n gawe, wyse, gelowige en vreeslose vriend wees. Lees hierdie leesplan om meer daaroor uit te vind! Vir ouers: Lees hierdie leesplan saam met jou kind. Elke week sluit vier oordenkings asook ...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid