Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 25 VAN 31

Erflating



Toe ek 'n kind was, het my oupa redelik naby ons familie gewoon, dus het ek hom goed geken. Ek het hom egter werklik goed leer ken toe ek begin studeer het, omdat hy baie naby aan die universiteit gewoon het.



Ek onthou dat ek tussen klasse na sy huis gegaan of daarheen gery het vir middagete, soos my rooster toegelaat het. Eintlik is gratis tuisgemaakte etes belangrik vir universiteit studente! Hy het self tamaties gekweek, en ons het die lekkerste toebroodjies daarvan gemaak. Dit was onverbeterlik.



Die herinneringe wat ek die meeste koester, is die tye wat ons net gesit en oor die lewe gesels het. Hy het dinge deur sy ongelooflike oupa-oë gesien, en hy het sy wysheid met my gedeel. Hy was 'n opregte man wat so baie vir my geleer het.



Spreuke 19:14 sê dat huise en rykdom — en ons aanvaar die wysheid om hulle behoorlik te bestuur — van geslag tot geslag oorgedra word. Wanneer ek daardie vers lees, waardeer ek my erfenis en waardeer ek my oupa.


Stel jou voor jy is 'n grootouer wat die wysheid oorgedra het van hoe om geld te bestuur. Wat as jy 'n miljoen rand gehad het en jou kinders en kleinkinders geleer het hoe om die geld tot eer van God te bestuur? Ek sou dit as 'n edel roeping beskou. Ek sou net my sokkies moes optrek en my verantwoordelikheid om 'n nalatenskap op te bou, 'n bietjie ernstiger opgeneem het.



Ongelukkig laat baie gesinne net 'n tradisie van verbruik en egoïsme agter, in plaas van om hard te werk en hul stamboom te verander. Selfs al is dit jou familiegeskiedenis, kan jy daardie afbrekende patroon breek. Jy kan 'n nalatenskap bou — en nalaat — wat 'n verskil maak vir die toekomstige geslagte.



Leer jou gesin om God se geld op God se manier te bestuur. Laat meer as net 'n erflating na. Gee hulle die wysheid om daardie rykdom goed te gebruik vir die koninkryk van God.



Die skep van 'n blywende nalatenskap gebeur nie toevallig nie. Jy moet doelgerig wees, en dit strek veel verder as geld. Jou geloof en waardes moet bewaar word om 'n blywende tradisie te vestig. Die Nalatenskapsreis gee jou 'n Bybelse raamwerk om jou geld te laat groei, jou gesin se toekoms te verseker en te sorg dat daar 'n nalatenskap vir die toekomstige geslagte is. Om meer te wete te kom, besoek daveramsey.com/legacy.


Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid