Leesplan inligting

Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 27 VAN 31

Gesinsgrondwet



Sommige mense sê dat dit deesdae meer geestelik is om jou boedel aan 'n welsynsorganisasie of 'n ander instelling na te laat, as aan jou familie. Dis 'n verkeerde manier van dink. As jou kinders vir Jesus lief is en jy hulle geleer het om geld op God se manier te bestuur, hoef jy geen probleem te hê om jou rykdom aan die volgende geslag na te laat nie.



Jy het 'n verantwoordelikheid om jou kinders in goeie omstandighede te plaas. Jy moet die morele krag in hulle inboesem, sodat hulle die verantwoordelikheid kan hanteer. Jy moet seker maak dat rykdom hulle nie sal vernietig nie en dat hulle God se plan daarvoor sal volg.



Een goeie hulpmiddel om daardie waardes in die lewens van jou kinders te vestig, is 'n gesinsgrondwet. 'n Gesinsgrondwet bepaal jou gesin se waardes en identifiseer jou gesin se probleme. Dit stel grense en sê vir die gesinslede: "Ons sal nie daarvan hou om buite die grense te wees nie. Dit is lekkerder om binne te wees."



Terwyl julle grondwet jul unieke omstandighede moet pas, moet dit begin met 'n gesinsopdrag. Dit sê vir die wêreld wie julle as 'n gesin is. In die Ramsey Gesinsgrondwet word ​​Josua 24:15 gebruik. Dit word in 'n neutedop opgesom: Ons gaan die Here dien. Terwyl ek iets daaraan kan doen, gaan ek die krag van my persoonlikheid en oortuiging gebruik om ons gesin se rigtingwyser daarheen te mik.



Jy moet jou gesinsgrondwet op 'n Bybelse grondslag bou en jou gesin lei om elke dag hierdie kernbeginsels uit te leef. Jy moet ook 'n gesinsraad skep om die dokument gereeld na te gaan en te hersien, en jy moet 'n pad van herstel insluit vir verlore gesinslede wat buite die grense beweeg het.



As jy nog nie daarvan werk gemaak het nie, kom nou saam met jou gesinslede om te bepaal wat 'n gesinsgrondwet vir jou gesin beteken en bou dit op 'n manier wat die regte voorbereiding sal wees vir julle toekomstige nalatenskap.



Wil jy meer inligting oor die daarstelling van jou eie gesinsgrondwet hê? Die Nalatenskapsreis sal jou deur die proses neem, terwyl dit 'n Bybelse raamwerk verskaf vir die beveiliging van jou nalatenskap en jou gesin se toekoms. Vir meer inligting, besoek daveramsey.com/legacy.


Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ande...

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid