Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 2 VAN 30

Die Stem Van Die Geaardheid Van God



Wanneer ons van God se roeping praat, vergeet ons dikwels die belangrikste ding, naamlik die aard van Hom wat roep. Daar is baie dinge wat elkeen van ons vandag roep. Sommige van hierdie oproepe sal beantwoord word, en ander sal nie eens gehoor word nie. Die oproep is die uitdrukking van die aard van die Een wat roep, en ons kan hierdie oproep slegs herken as dieselfde geaardheid in ons is. Die roeping van God is die uitdrukking van God se geaardheid, nie ons s'n nie. God weef die drade van Sy oproep op 'n wonderbaarlike wyse deur ons lewens en net ons kan dit onderskei. Dit is die oproep van God se stem, direk aan ons, oor 'n sekere besorgdheid, en dit is nutteloos om 'n ander persoon se mening daaroor te vra. Ons handelinge oor die roeping van God moet uitsluitlik tussen ons en Hom gehou word.



Die roeping van God is nie 'n weerspieëling van my geaardheid nie; my persoonlike begeertes en geaardheid is van geen belang nie. Solank as wat ek op my eie eienskappe en karaktertrekke fokus en dink waarvoor dit geskik is, sal ek nooit die roeping van God hoor nie. Maar wanneer God my in die regte verhouding met Homself bring, sal ek in dieselfde posisie as Jesaja wees. Jesaja was so in voeling met God, weens die groot krisis wat hy toe verduur het, dat die roeping van God sy siel deurdring het. Die meerderheid onder ons kan niemand behalwe onsself hoor nie. En ons kan niks hoor wat God sê nie. Om by die plek uit te kom waar ons die roeping van God kan hoor, is om ten diepste verander te word.



"Laat my U stem hoor"—dit is my gebed. Ek is heeltemal gewillig om U stem te hoor, om bewus te word van U, om opgewonde te wees oor U teenwoordigheid.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid