Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 4 VAN 30

"Dit is Die Here!"



Jesus het vir haar gesê: "Gee My water om te drink" (Johannes 4:7). Hoeveel van ons verwag dat Jesus Christus ons dors sal les, wanneer ons Hom eerder moet behaag! Ons behoort ons lewens te gee, ons hele wese te belê, en nie van Hom verwag om ons te behaag nie." Julle sal My getuies wees. . . " (Handelinge 1: 8). Dit beteken lewens van suiwer, onwrikbare, en onbeheersde toewyding aan die Here Jesus, wat Hom sal tevrede stel waar Hy ons ook al mag stuur. Pasop vir enigiets wat inbreuk maak op jou lojaliteit teenoor Jesus Christus. Die grootste mededinger van ware toewyding aan Jesus, is die diens wat ons vir Hom verrig. Dit is makliker om te dien as om ons lewens heeltemal vir Hom te gee. Die doel van die roeping van God is Sy tevredenheid, nie net dat ons iets vir Hom moet doen nie. Ons word nie gestuur om vir God te veg nie, maar om deur God in Sy gevegte gebruik te word. Is ons meer toegewyd aan diens as wat ons aan Jesus Christus self is?



Ek loof U vir daardie woord—"Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien." Ek besef dat ek niks aan U strengheid verskuldig is nie, maar alles aan U liefde. O, dat U liefde en sagmoedigheid en geduld teenoor my, deur my aan ander bewys kan word!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid