Leesplan inligting

My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Utmost For His Highest

DAG 5 VAN 30

Visie En Donkerte



Wanneer God 'n gesig aan 'n Christen gee, is dit asof Hy hom in "die skaduwee van Sy hand verberg" (Jesaja 49: 2). Die heilige se plig is om stil te bly en te luister. Daar is 'n "donkerte" wat uit te veel lig kom—dit is dan die tyd om te luister. Die verhaal van Abram en Hagar in Genesis 16, is 'n uitstekende voorbeeld wanneer na te veel sogenaamde goeie raad in 'n donker tyd geluister word, eerder as om te wag dat God die lig stuur. Wanneer God vir jou 'n gesig gee en dit bly donker, wag dan. God sal die gesig wat Hy aan jou gegee het in jou lewe 'n werklikheid maak as jy op Sy tydsbereking sal wag. Moet nooit probeer om God te help om Sy woord tot vervulling te bring nie. Abram het dertien jaar van stilte beleef, maar in daardie jare is al sy eie selfvoldaanheid vernietig. Hy het verby die punt beweeg om sy eie insigte te vertrou. Daardie jare van stilte was 'n tyd van dissipline, nie 'n tydperk van God se ontevredenheid nie. Dit is nooit nodig om voor te gee dat jou lewe vol vreugde en selfvertroue is nie; wag net op God en bly in Hom gegrond (Jesaja 50: 10-11).



Vertrou ek enigsins op die vlees? Of het ek geleer om verder te gaan as selfvertroue in myself en ander mense? Vertrou ek op boeke en gebede of ander vreugdes in my lewe? Of het ek my vertroue in God self geplaas en nie in Sy seëninge nie? "Ek is God die Almagtige. . . "—El-Shaddai, die Almagtige God (Genesis 17:1). Die rede waarom ons almal gedissiplineer word, is sodat ons sal weet dat God werklik bestaan. Sodra God vir ons 'n werklikheid word, word mense in vergelyking nietig, 'n skaduwee van die werklikheid. Niks wat ander heiliges doen of sê kan ooit die een wat op God vertrou, ontstel nie.


O Here, met baie onsekerheid nader ek tot U. Klaar die donkerte om my op en vul my met die lig van U aangesig.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

My Utmost For His Highest

Vir meer as tagtig jaar is Oswald Chambers se "My Utmost for His Highest" een van die mees gelese boeke in die Christelike wêreld. Nou is ons verheug om hierdie spesiale uitgawe van dertig oordenkings uit "My Utmost for ...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid