Leesplan inligting

Die KersverhaalVoorbeeld

The Christmas Story

DAG 3 VAN 5

Die Seun van Dawid


Hoe vertel jy vir jou verloofde dat jy swanger is met God se beloofde Verlosser? Dit is 'n vraag wat Maria waarskynlik haarself afgevra het nadat sy die goeie nuus gekry het. Toe Josef uitvind, het hy aanvanklik besluit om hul verhouding stilletjies te verbreek. God wou egter ook vir Josef by hierdie Kersverhaal insluit.


In vandag se Skrifgedeelte stuur God 'n boodskapper na Josef, wat hom die besonderhede vertel. Die boodskapper noem Josef die "seun van Dawid", wat vreemd is, want Dawid is nie die naam van Josef se pa nie.


Dawid het honderde jare voor Maria en Josef gelewe. Hy was ook van 'n klein dorpie, en hy het 'n doodgewone lewe as 'n herder gelei. Eendag het God egter 'n boodskapper na Betlehem gestuur om vir Dawid te sê hy is gekies om as koning oor die volk te regeer.


Later het God belowe dat iemand uit Dawid se nageslag 'n nuwe en beter koninkryk sou skep wat die hele wêreld sal seën. Dawid en sy nageslag het gebreke gehad en het dikwels skadelike keuses gemaak, wat tot die ineenstorting van hul koninkryk gelei het. Die mense het geweet dat as hulle 'n nuwe en beter koninkryk gaan kry, hulle 'n nuwe en beter Dawid nodig het. Dus het die volk geslagte lank gewag vir die “Seun van Dawid” om te kom.


Dit bring ons terug by Josef, 'n afstammeling van die herder wat koning geword het. Josef was onvolmaak, soos alle ander afstammelinge van Dawid, maar die ware en sondelose Seun van Dawid het na die wêreld gekom deur Maria — wat by Josef se familie aangesluit het as sy vrou. Dus, al was Josef nie Jesus se biologiese pa nie, het hy Jesus saam met Maria grootgemaak — en 'n familieband met Dawid verskaf.


Josef het Maria na Betlehem, Dawid se tuisdorp, geneem. Daar het Maria geboorte gegee aan Jesus, die ware Seun van Dawid. Raai wie was die eerste mense wat van die Seun van Dawid uitgevind het? Natuurlik was dit herders! 


Die Kersverhaal herinner ons daaraan dat ons deel is van iets groter as onsself. Deur die geskiedenis heen het God met mense gewerk om die aarde meer soos die hemel te maak. Dawid het 'n rol gehad om te speel, en so ook Josef. Die verhaal gaan egter steeds voort, en nou is dit ons beurt. 


Hoe sal ons hulle voorbeeld volg? Wel, een leidraad is in vandag se Skrifgedeeltes. Kyk hoe reageer Josef op God se roeping. Jy sal agterkom dat hy luister, vertrou en opofferings maak om ander te help. Wanneer ons soortgelyke keuses maak, beweeg ons God se verhaal vorentoe. 


Bid: Liewe Vader, dankie dat U ons in u verhaal ingenooi het. Ek weet ek het 'n rol om te speel om die aarde meer soos die hemel te maak. Help my asseblief om bewus te word van u roeping om 'n verskil in ander se lewens te maak. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Christmas Story

Elke goeie verhaal het 'n kinkel in die komplot — 'n onverwagte oomblik wat alles verander. Een van die grootste kinkels in 'n komplot kom in die Bybel voor as die Kersverhaal. Oor die volgende vyf dae sal ons verken hoe...

More

Baie dankie Life.Church graag vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid