Leesplan inligting

Met ’n Lied In Die HartVoorbeeld

Met ’n Lied In Die Hart

DAG 7 VAN 7

“Geloofstaal”

 

Ons het ’n spreekwoord in Afrikaans wat sê: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Ek onthou toe my kinders kleiner was en hulle opgewonde van die skool af kom en vertel van iets wat die dag gebeur het. In my hart het ek dan geweet dat my kinders gelukkig was. 

Ons kry hierdie selfde beginsel in Matteus. As jou hart vol vreugde is, sal dit oorloop in jou gesprekke met ander mense. As jy Christus ken en op sy pad loop, sal jy nie anders kan as om ’n getuie te wees vir Hom nie. Jy sal ’n brandende begeerte hê om te getuig oor die Goeie Nuus. Jy sal nie anders kan as om sy Woord en oneindige genade te verkondig nie. 

Matteus 12:33 sê ’n boom word geken aan die vrugte wat hy dra. ’n Lemoenboom dra tog nie appelkose nie. Dieselfde beginsel is van toepassing op ons as Christene. Jy kan tog nie liefdeloos lewe as kind van God nie. Liefde is die grootste gebod en een van die belangrikste karaktereienskappe van Christenwees. Ons moet die vrug dra van dit wat ons verkondig. Ons kan nie een ding wees en ’n ander doen nie. 

Ek dink soms die rede waarom die Christendom soveel kritiek kry, is juis as gevolg van die feit dat ons nie getrou is aan ons Christenkarakter nie. Ons is vinnig om te bely dat ons in Jesus glo, maar ons karakter wys dit nie. 

Ons moet die regte vrugte dra. Hierdie vrugte is die karaktereienskappe wat Christus in ons oorplant die dag wanneer ons sy Naam op ons lippe bely. 

GEBED: Here, deur u Naam te bely, dra ek nou die vrug van u Gees. Gee my asseblief u karaktereienskappe. Amen.

 

Hierdie oordenking is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Met ’n Lied In Die Hart

Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie ...

More

Ons wil graag Marietjie en Joubert Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid