Leesplan inligting

Met ’n Lied In Die HartVoorbeeld

Met ’n Lied In Die Hart

DAG 6 VAN 7

“Wees entoesiasties”

 

Ek is baie lief vir diere. My ma spot selfs dat as sy ’n hond was sy een van my honde sou wou wees. Daar is min dinge wat so lief is vir die lewe as ’n hond. Vreugde en entoesiasme is kenmerkend van honde.

Ons het ’n spreekwoord wat sê waar daar lewe is, is daar hoop. En soos Prediker 9:4 sê: “Selfs ’n hond wat lewe, is meer werd as ’n leeu wat dood is.” In Suid-Afrika is ons veral bewus van die krag van ’n leeu teenoor dié van ’n hond. Die Prediker wil in hierdie gedeelte vir ons sê dat ons nie sonder hoop mag lewe nie. As God aan jou die lewe skenk, moet jy dit met entoesiasme gryp en voluit lewe. Ek is liewer ’n lewende hond as ’n dooie leeu. 

Saam met hoop moet ons ook die lewe met vreugde aanpak. Die Prediker sê dan ook ons moet van klein geleenthede feesgeleenthede maak. Selfs al het jy net ’n broodjie om te eet, dek die tafel mooi en geniet die kos met die vreugde van die Here. Volgens die Prediker moet ons selfs feesklere aantrek en ons hare versorg. Ja, jy hoef nie so skuldig te voel oor die duur haarsny nie. Lyk mooi en wees bly en dankbaar daaroor!

Prediker 9:9 sê vir ons ons moet ons huweliksmaat geniet. Wees dus goed vir mekaar, bederf mekaar en wees dankbaar vir die mooi tussen julle. Onthou, al is die kos miskien vanaand eenvoudig, dek asof vir ’n feesmaal, trek mooi aan en nooi die Here uit om saam met julle te eet. Leef weer met entoesiasme en hoop, want die lewe kom van God af. Eer Hom met jou vreugde vandag.

GEBED: Here, my lewe kom van U af. Dankie dat ek met vreugde en entoesiasme kan leef. Amen.

 

Hierdie oordenking is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Met ’n Lied In Die Hart

Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie ...

More

Ons wil graag Marietjie en Joubert Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid