Leesplan inligting

Met ’n Lied In Die HartVoorbeeld

Met ’n Lied In Die Hart

DAG 1 VAN 7

“Vreugde vir vandag”

 

Om vandag met vreugde te leef, is nie altyd eenvoudig nie. Die wêreld is net nie meer veilig nie. Om op ons paaie te bestuur, is ’n uitdaging en inbrake, kapings en verkragting is deel van elkedagse gebeure.

In Psalm 118:24 lees ons dat vandag die dag is wat die Here gemaak het, ’n dag om oor te juig en bly te wees. Die Here het vandag vir jou gegee om tot die eer van sy Naam te leef. Die Here het hierdie dag geskep en verwag van jou om dit te gryp en voluit te leef. 

Die keuse oor hoe jy die dag gaan inkleur, lê volkome in jou hande. Ons besef dit nie, maar jou houding wanneer jy opstaan, bepaal jou dag. As jy depressief opstaan, gaan die dag waarskynlik so uitdraai. As jy die dag met entoesiasme aanpak, kan daar net verrassings op jou pad wag. As jy jou dag saam met die Here begin, is dit ’n stap in die regte rigting. Jou fokus is dan op die Here, en die keuse van die rigting van jou dag is gegrond met jou oë op die Here.

Die opdrag in die tweede deel van die vers vir vandag is merkwaardig. Ons moet bly wees oor die nuwe dag en ons moet juig daaroor. Waar gaan jy ’n duideliker opdrag kry dat jy die dag met blydskap moet aanpak? Dis nie ’n “besluit maar hoe jy voel”-opdrag nie. Nee, dit is duidelik en ondubbelsinnig. Wees bly oor nog ’n dag wat die Here aan jou lewe toegevoeg het en leef hierdie dag voluit asof dit jou laaste dag is. Leef die dag met vreugde, en eer die Here daarin.

GEBED: Here, dankie vir hierdie nuwe dag in my lewe. Help my om uit dankbaarheid en met vreugde hierdie dag aan te pak. Amen.

 

Hierdie oordenking is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligting.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Met ’n Lied In Die Hart

Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie ...

More

Ons wil graag Marietjie en Joubert Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid