Leesplan inligting

My Groot Vet MondVoorbeeld

My Big Fat Mouth

DAG 4 VAN 6

  


Om Skinder Te Vermorsel


Miskien dink jy net soos ek, dat jy nie 'n probleem met skinder het nie. Ek het altyd daaraan gedink as ander mense wat sit en tee drink en hulle sappigste brokkies deel. Jy weet, want dit is mos altyd die ander mense. Ek het gedink ek kon nie daarvan deel wees nie, maar toe krap ek bietjie dieper.


Daar is twee hooffaktore wat 'n geselskap in 'n skindersessie kan verander: 1) wanneer ek ander afbreek om myself beter te laat lyk en 2) wanneer ek ander se verleenthede sonder hulle kennis of toestemming deel. 


As ek só oor skinder dink, onthou ek vele gesprekke met my vrou.


Die tyd toe ek nie die promosie gekry het nie, het ek myself laat beter voel deur te verduidelik waarom die ou wat dit gekry het, dit nie eintlik verdien nie.


Die tyd wat ons finansies nie so goed gelyk het nie, was dit makliker om die redes hoekom ander families meer geld het, te bespreek.


Die keer toe ons opinies van ander paartjies verskil het, het ons gekies om met ander te bespreek hoekom hulle verkeerd is, in plaas daarvan om dit direk met hulle te bespreek.


Skinder affekteer my — op 'n reuse manier. Soos ons in Jakobus 3 lees, as ek nie my tong, die klein roertjie, beheer nie, kan my hele lewe van koers af gaan. Voel jy ooit of jou groot vet mond jou verder van God af lei? Daar is goeie nuus: Jy kan skinder vermorsel. Hoe? Erken aan God en die mense vir wie jy lief is dat dit sonde is. Bid om hulp en vergifnis. Vra die Heilige Gees en mense wat jy vertrou om jou te herinner wanneer jy begin skinder en dit uit te wys. Bid dan weer eerlik en erken jou fout en hou aan om dit te vermorsel. 


-Michael, skinder vermorselaar


Bid: Here, U ken my hart. Wys vir my hoe ek met my woorde ander afbreek om myself beter te laat lyk en voel. Vergewe my. Heilige Gees, gee vir my die krag om skinder in my lewe te vermorsel. Amen.
 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

My Big Fat Mouth

Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid