Leesplan inligting

My Groot Vet MondVoorbeeld

My Big Fat Mouth

DAG 3 VAN 6

  


Draai Jou Klagtes Om


Ek weet nie hoe jy voel nie, maar die lewe kan my soms onder kry! 'n Goeie voorbeeld is die lang ure by die werk wat dan in nimmereindigende werk by die huis insmelt. As jy onaangekondig by ons huis opdaag, gaan daar oral hope wasgoed rondlê. Wanneer ons uiteindelik kan gaan slaap, moet al die bababottels — eers weer — gewas word. 


Jy weet waarvan ek praat. Die fisieke en verstandelike uitputting wat net aanhou. Elke keer voel ons gespanne en oorweldig, en dit is dan maklik om te kla! Nietemin, dit help niemand wanneer ek my frustrasies mondelings laat hoor en aanhoudend kla nie. Jy kan gerus my man vra. Eintlik laat dit my gewoonlik slegter voel. Hoekom doen ek dit dan? Die hart praat mos deur die mond en my hart is selfsugtig! Ons almal het selfsugtige harte.


Dus, hoe hou ons dan daarmee op? Hier is een manier wat my gehelp het om minder selfsugtig te wees. Dink waaroor jy kla ... en dan draai jy dit om. Jy kla miskien oor jou grootste seëninge wat jy in die eerste plek nie verdien het nie. Die volgende keer wat jy oor jou werk wil kla, draai dit om en dank God dat Hy vir jou finansieel deur jou werk voorsien. Die bottels wat ek elke aand moet was, behoort aan 'n ander geskenk van God, my baba, vir wie ek baie lief is. My man, wat ook moeg en gespanne word, is 'n wonderlike pappa en my beste vriend. 


Ons kan amper enigiets in lofprysing verander as ons lank genoeg na ons omstandighede kyk om die geskenke wat hulle is, na waarde te skat. Klagtes bring ontevredenheid en laat my leeg voel. Deur na Jesus met beide my pyn en my dankbaarheid te gaan, gee my elke keer nuwe krag. Sy genade is oneindig, net soos die wasgoed in my sitkamer. 


-Catie, klagte omdraaier


Bid: Jesus, dankie vir elke seën wat U vir my gee. Help my om na U te gaan, elke keer wat ek moeg en oorlaai voel. U is my blydskap en my rots. In U het ek meer as genoeg. Ek dank U weer en weer vir u liefde en genade! Amen. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Big Fat Mouth

Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid