Leesplan inligting

My Groot Vet MondVoorbeeld

My Big Fat Mouth

DAG 2 VAN 6

Vernietig die Strik van Vergelyking 


Dit kom voor asof vergelyking instinktief ons optrede vir elke deel van ons lewens is. Dink daaroor na. Hoe kan jy seker wees jy betaal die beste prys vir 'n voertuig? Jy vergelyk. Wanneer is jy tevrede met die wydte van jou heupe? Jy vergelyk (verkieslik met iemand wat wyer heupe het). Hoe weet jy waar jy met God staan? Jy vergelyk. Dit lyk asof vernietigende strikke om te vergelyk oral is; voordat ons dus bevry kan word, moet ons eers 'n paar identifiseer.


Die Strik van Prestasie, ook bekend as Die Hamsterwiel: Hierdie strik vergelyk en meet ons pogings en sukses met dié van ander. Ons word vasgevang om altyd na beter as ander te streef, in plaas daarvan om die beste weergawe van onsself te wees. By my gradeplegtigheid het ek na een van die dekane gegaan en gevra hoe my punte met die ander in my groep vergelyk. Ware verhaal! Hy het ook die antwoord geken. Nou voel jy die krag wat die strik van vergelyking het, want nou wil jy ook weet wat die antwoord was, nie waar nie? 


Die Strik van Trots, ook bekend as Die Oneindige Wolkekrabber: Hierdie strik vergelyk wie ons is met wie ons dink ander is. Ons is altyd opsoek na erkenning en aanvaarding deur ander in plaas daarvan om dit by God te kry. 


Die Strik van Onsekerheid, ook bekend as Die Tweerigting Spieël: Hierdie strik vergelyk ons swakhede met ander se sterkpunte. Ek val in hierdie strik wanneer ek wens ek het ander se sterkpunte gehad in plaas daarvan om God te dank vir my eie. Om in hierdie tweerigting spieël te staar gaan jou altyd minderwaardig laat voel en jy sal nooit sien wie God jou geskep het om te wees nie.


Die Strik van Jaloesie, ook bekend as Die Groenoog Monster: Hierdie strik vergelyk wat ons nie het nie met wat ander het. Geld, beroep, kinders, huis, verhouding, enigiets. Ek word vasgevang in hierdie strik wanneer ek probeer kry wat ek nie het nie in plaas daarvan om te gee wat ek het.  


Hierdie strikke van vergelyking plaas ander se pogings, sterkpunte en besittings as doelwitte vir ons lewens. Dit steel vinnig die lewe van oorvloed wat God vir ons wil gee. Jou energie, tyd en doel word verspeel wanneer jy probeer om soos iemand anders te wees, te doen wat hulle doen of wil hê wat hulle het. Jesus weet wie jy is en waarvoor jy geskep is. Hy het vir jou alles gegee om te wees wat Hy wil hê jy moet wees om sy wil te laat geskied. In vandag se Bybelvers gaan jy herinner word wie jy is, aan wie jy behoort en waarop jy moet fokus, sodat jy bevry kan word van die afbrekende strikke van vergelyking waarin jy jouself bevind.


-Brandon, vergelyking vernietiger


Vra jouself af: Watter strik van vergelyking is besig om my te vernietig? Wat is God se waarheid vir my?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

My Big Fat Mouth

Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid