Leesplan inligting

'n Lewe van oorwinningVoorbeeld

'n Lewe van oorwinning

DAG 3 VAN 3

Met hoop besiel

'n Lewe van oorwinning is 'n lewe wat met hoop besiel is.

Hoop werk altyd in die hede met die oog op die toekoms. Ons hoop op oorwinning. Ons hoop op 'n deurbraak. Ons hoop op genesing. Ons hoop op voorsiening. Om met hoop besiel te wees beteken nie dat ons ontken hoe dinge vandag is nie, maar dat ons nie vaskyk teen die dinge wat ons sien nie. Hoopvolle mense sien dinge anders - en sing 'n loflied. Vir hoopvolle mense skyn die beloftes van God se grootheid, goedheid, getrouheid en genade soos sterre in die nag. Ons hoop is beslis dus nie in ons eie vaardighede of vermoëns nie, maar al hierdie hoop is deur die geloof totaal in God geanker. God het 'n behae in hierdie hoopvolle geloof (Hebreërs 11:6).

Om met hoop besiel te wees beteken dus dat ons besef dat God groter is as enige iets wat ooit met ons kan gebeur of waardeur ons gaan. Hoopvolle mense se geloof is in die onveranderlike God veranker - en Hy is by magte om ons verwagtinge by verre te oortref (Efesiërs 3:20).

Laat ons nie nalaat om mekaar te bemoedig en mekaar te herinner dat hoop een van die drie groot deugde is wat kenmerkend van die kinders van God se lewens moet wees nie (1 Korintiërs 13:13). Hoopvolle mense leef triomfantlik.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

'n Lewe van oorwinning

Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinnin...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid