Leesplan inligting

'n Lewe van oorwinningVoorbeeld

'n Lewe van oorwinning

DAG 1 VAN 3

Geloof kyk vrees in die oë

'n Lewe van oorwinning is 'n lewe van geloof. Dit is 'n lewe wat soms in teenstrydighede geleef word, byvoorbeeld: Liefde in die teenwoordigheid van vyandigheid, kalmte te midde van 'n storm en geloof in vreesaanjaende werklikhede soos siekte of behoefte. Daarom kyk geloof altyd vrees in die oë — met die vaste geloofsoortuiging dat Hy wat in ons is groter is as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).

Geloof loop die reuse tromp-op soos Dawid met Goliat gemaak het (1 Samuel 17). Geloof in die grootheid van die God van ons belydenis buig nie voor die demoraliserende en bulderende stemme van die reuse van die wêreld nie.

Let wel: Geloof beteken nie om te ontken waarin ons onsself bevind of waardeur ons gaan nie, maar dat ons die vaste oortuiging het dat God groter is as dit waardeur ons gaan.

Geloof in God help ons om die einde van die begin af te sien en met 'n vasberade dapperheid soos Dawid sê: "Vandag sal die Here jou in my mag oorgee" (1 Samuel 17:46).

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

'n Lewe van oorwinning

Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinnin...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid