Leesplan inligting

'n Lewe van oorwinningVoorbeeld

'n Lewe van oorwinning

DAG 2 VAN 3

Volharding tydens beproewings

'n Oorwinnende lewe is 'n lewe wat getuig van volharding te midde van beproewings. Hierdie soort vasberadenheid en getrouheid aan God bewerkstellig geestelike volwassenheid (Romeine 5:3-5).

Dit is tóg waarna ons strewe: om geestelik te groei en om 'n lewe te leef wat daarvan getuig dat ons aan God getrou is en dat ons totaal aan Hom oorgegee en uitverkoop is.

Geestelike volwasse mense hanteer die lewe en die eise van die lewe anders. En daarom is beproewings 'n leermeester wat ons wys wat in ons harte is en hoe diep ons toewyding aan die Here is. Namate ons 'n lewe van getrouheid en oorgawe aan God leef, bewerkstellig dit 'n volharding wat eer aan God bring.

'n Lewe van oorwinning vereis dus van ons om uitdagende tye en omstandighede met standvastige geloof te verduur, wetende dat hierdie beproewings ons standvastigheid versterk en ons oorgawe suiwer — soos goud wat deur vuur gelouter word (1 Petrus 1:6-9).

Wanneer ons dink aan die heerlike resultaat wat volharding tydens beproewings in ons karakter en geestelike volwassenheid na vore bring, verstaan ons waarom Jakobus gesê het dat ons dit as vreugde moet ag wanneer ons deur allerhande beproewings gaan.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

'n Lewe van oorwinning

Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinnin...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid