Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 5 VAN 6

Wat is fout in ons huise?

Lees noukeurig: "As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde (1 Johannes 1:6-7).

Die volgende is 'n aanhaling uit die boek Calvary Road deur Roy Hession, hoofstuk 6, Herlewing in die Huis:

Wat is verkeerd in ons huise? As ons oor "huise" praat, bedoel ons die verhouding wat tussen 'n man en vrou bestaan. Die eerste ding wat met ons huise verkeerd is, is dat ons nie regtig met mekaar oop en eerlik is nie. Ons leef dikwels agter toegetrekte blindings. Ons huweliksmaat ken ons nie regtig nie, en ons is ook nie van plan dat hulle ons regtig moet ken nie. Selfs diegene wat in die intiemste verhoudings met ons leef, weet nie wat binne ons aangaan nie – ons probleme, stryde, mislukkings – al die dinge waarvan God ons voortdurend moet reinig. Hierdie gebrek aan deursigtigheid en openhartigheid is altyd die gevolg van sonde.

Soms skuil ons op die mees buitengewone maniere agter humor en vrolikheid. Ons is bang om ernstig te wees omdat ons nie wil hê dat ander te naby moet kom en ons sien soos ons regtig is nie, en daarom probeer ons ander met humor en valse vrolikheid bluf. Niemand kan ‘n diep verhouding hê met 'n persoon wat nie opreg is nie — ‘n persoon wat eintlik nie bestaan nie. Dit is waarom eenheid en geestelike intimiteit in sulke huise onmoontlik is. Dit is om in die duisternis te lewe — want in die duisternis kan enigiets weggesteek word (1 Johannes 1:6).

Belangrik: Hoe lyk jou huwelik? Of bly jy net saam met ‘n vrou of man? Is dit regtig wat die Woord sê?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid