Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 3 VAN 6

Die huwelik is 'n verbond

Die Bybel praat oor twee verbonde. Die eerste verbond was tussen God en sy volk. Vir Christene in die Nuwe Testament, is dit die nuwe verbond wat God die Vader in Christus Jesus met die gelowiges gesluit het.

Die tweede verbond is die huweliksverbond. Maleagi 2:14 is die mees prominente Skrifverwysing na hierdie verbond: "En julle vra: 'Waarom dan nie?' Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het."

Wat Paulus oor die huwelik skryf, strook met wat die Ou Testament oor die huwelik as 'n verbond sê. Die huwelik is 'n bindende belofte, 'n heilige verhouding, nie net 'n kontrak en ooreenkoms nie. In 1 Korintiërs 7:10-11 sê Paulus dat die huwelik heilig moet wees, dat dit permanent is en waarsku teen egskeiding.

Die huwelik weerspieël God se onveranderlike en praktiese liefde tussen Jesus en die kerk. Die verhouding tussen Jesus en die kerk is 'n verbondsverhouding (Efesiërs 5:22-23).

Die huwelik is heilig. Vir God is dit so belangrik dat Hy dit in die kategorie van 'n verbond plaas. Is die huwelik vir jou ‘n lewenslange verbond? Leef jy in ooreenkoms daarmee?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid