Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 2 VAN 6

Wat het Jesus oor die huwelik en reinheid gesê?

1. Die heiligheid van die huwelik: Jesus het die heiligheid van die huwelik beklemtoon en dit as 'n lewenslange verbintenis tussen 'n man en 'n vrou beskou. (Matteus 19:4 & 9; Markus 10:11-12).

2. Owerspel kan meer wees as net die fisieke daad van owerspel. Hy leer ons om selfs met wellus na ‘n persoon van ‘n ander geslag te kyk, dan het hy "reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg" Matteus 5:28-30.

3. Reinheid van hart: Vir Jesus het reinheid nie net oor uiterlike gedrag gegaan nie, maar eerstens oor 'n innerlike ingesteldheid van die hart. Ware reinheid kom voor in 'n hart wat met die wil van God in pas is. (Matteus 5:8; Markus 7:21-23).

4. Keuse om selibaat te lewe: Jesus het gesê dat sommige mense verkies om "ter wille van die koninkryk van die hemel" selibaat te lewe. (Matteus 19:12).

5. Die huwelik en die opstanding: Jesus het geleer dat mense in die opstanding nie sal trou of in huwelike sal wees nie. Dit is duidelik dat verhoudings in die hemel anders sal wees as wat dit op aarde is. (Matteus 22:30).

Vraag: Leef jy rein? Is daar areas waarvan ander mense liewer nie van moet weet nie? Maak dit reg.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid