Leesplan inligting

Jesus, Ons Groot HoofpriesterVoorbeeld

Jesus, Ons Groot Hoofpriester

DAG 1 VAN 4

Die Oppergesag van Christus

Die titel van Hoofpriester is nie een wat ons deesdae gereeld gebruik of tipies met Jesus assosieer nie. Ons is eerder geneig om na Hom te verwys as ons Here, Verlosser, Heiland of Koning. Jesus kan egter nie omskryf word deur slegs een titel, of selfs al sy titels saam, nie. In Kolossense 1:15-19 gee Paulus vir ons ʼn breë beskrywing van wie Jesus is. Hy doen ook ʼn beroep op ons om die hoogste agting vir Jesus te hê sodat ons Hom kan aanbid soos Hy aanbid behoort te word en sodat ons die gewigtigheid van wat Hy vir ons aan die kruis bewerk het, kan begryp. Dit was nie sommer een of ander leraar of profeet wat homself vir ons geoffer het nie. Dit was God se “volle Goddelikheid” in die persoon Jesus.

Christus se oppergesag moet ons daaglikse doen en late bepaal, maar die heersende kulturele invloede van die samelewing ding om ons aandag mee. Hierdie “kultuur” sluit al die dinge in waarmee ons grootgeword het, wat ons gesien, gedoen en leer ken het – al die aktiwiteite, praktyke en tradisies wat ons gevorm het. Ons kultuur kan soos ʼn lens wees waardeur ons die wêreld beskou. Jesus nooi ons egter om ons kultuur deur die lens van sy oppergesag te beskou.

Op die ouderdom van sestien is ek deur ʼn familielid genooi om deel te neem aan ʼn kulturele inisiasieseremonie saam met die res van die tienerseuns in my familie. Ek het egter die uitnodiging van die hand gewys. Ek wou graag in totale onderwerping aan Jesus se gesag leef. Ek het nie regtig geweet hoe dit moet lyk nie, want ek was nog ʼn onvolwasse gelowige, maar ek het geweet dat die praktyk waarin hulle wou hê ek moes deelneem nie vir God verheerlik nie. Natuurlik het my besluit negatiewe reaksies van my familie ontlok, maar ek is geensins spyt daaroor nie. God wil hê ons moet daders van sy Woord wees. Dit beteken dat Christus se oppergesag, soos geopenbaar in die Skrif, ʼn direkte impak kan en moet hê op die manier wat ons leef en die besluite wat ons maak – nes dit my besluit om nie die inisiasieskool by te woon nie beïnvloed het.

Die skrywer van Hebreërs verduidelik dat God deesdae met ons praat deur sy Seun (Hebreërs 1:1-2). God was nog altyd en sal nog altyd ons bron van inligting wees. Dit is uiters belangrik om dit te onthou, veral in ʼn era waar mense eerder vir Google as vir God raadpleeg. In Hebreërs 1:2-4 lees ons dat Jesus die erfgenaam van alles is en dat die wêreld deur Hom gemaak is. Hy weerkaats God se heerlikheid. Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Hy hou die ganse heelal in stand. Hy reinig ons van sonde. Hy sit aan die regterhand van God se troon in die hemel. Hy is ver verhewe bo engele. Die erenaam wat aan Hom gegee is, is heerliker as enige ander naam. Stel jou voor wat hierdie week in jou lewe kan verander as jy hierdie wonderlike waarhede voor oë hou!

Mag jy vir Jesus die verering gee wat sy Naam toekom en weier dat die heersende kultuur vir jou voorsê wie, wat en hoe jy behoort te aanbid. Mag jy Christus se oppergesag waarlik erken en die woorde van 1 Kronieke 29:11 eggo: “Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles.”

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Groot Hoofpriester

Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltema...

More

Ons wil graag in Harmonie bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.inharmonie.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid