Leesplan inligting

’n Paasfees vol hoopVoorbeeld

’n Paasfees vol hoop

DAG 6 VAN 7

Wapenstilstand

Die vrede van Christus verklaar dat daar nie meer vyandigheid tussen hemel en aarde is nie. Sy dood en opstanding vorm die wapenstilstand wat ons met God verbind. Daar is geen ander pad na God toe nie. Slegs Jesus bring ware vrede en waarborg dat dit sal hou. Die vrede van Christus gee vir die ontvanger daarvan ewige toegang tot God. As ons Jesus se vredespad volg, word ons verseker van ’n plek by God se troon.

Lees wat sê Paulus in Romeine 5:1-2: “As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee.”

Vrede = goeie nuus. Dit beteken daar is geen oordeel vir dié wat in Christus Jesus is nie (Romeine 8:1). Die vrede van Jesus bring ook vrede tussen gelowiges wat andersins deur kultuurgrense geskei sou wees. Sy vrede bring eenheid tot stand.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Paasfees vol hoop

Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë krui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid