Leesplan inligting

’n Paasfees vol hoopVoorbeeld

’n Paasfees vol hoop

DAG 4 VAN 7

Gekaap deur genade

Die jong Paulus het niks daarvan gehou dat Jesus se volgelinge beweer het Hy is die opgestane Messias nie. Niemand wat aan ’n kruis sterf, kan tog die Messias wees nie. Dit was godslastering! Paulus het die volgelinge van Jesus met ’n passie vervolg.

Maar eendag het hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet – ’n ontmoeting wat sy hele lewe verander het. Daarna het hy deur sy briewe deur die geskiedenis heen die lewens van miljoene mense verander.

Nadat hy deur God se genade gekaap is, het hy duisende kilometers te voet afgelê om die evangelie te verkondig. Die nuwe Paulus het slegs een doel voor oë gehad, en dit was om die regte soort impak in die lewe te maak en passievol te wees daaroor om God se goeie nuus te verkondig. Dit is dalk ook iets wat ons behoort te doen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Paasfees vol hoop

Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë krui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid