Leesplan inligting

’n Paasfees vol hoopVoorbeeld

’n Paasfees vol hoop

DAG 3 VAN 7

Neem die kruis op

’n Christen se lewe kan nooit sonder ’n kruis wees nie, het Gordon Wakefield geskryf – ons dra Christus se kruis asook ons eie kruis. Van die krip tot by die kruis, van Betlehem tot Golgota, en van daar af al die pad tot by my eie lewe – dit is die verhaal van geloof in ’n neutedop.

Toe ek deel geword het van Jesus se verhaal, het dit my verander in iemand wat gekruisig is én ’n kruis dra. Die verhaal van Jesus maak dit baie duidelik dat my lewe van voor af begin.

Ek vind my nuwe identiteit by die krip, die kruis en die leë graf. Dit is ook waar ek elke dag die rigting vir my lewe vind. Jesus is my enigste kompas. Sy koms, dood en opstanding is die enigste redes vir my bestaan. Dit is waarom ek vandag vir Hom kan leef, selfs al rus daar ’n kruis op my skouers. Dit is waarom ek Hom kan volg, want Hy het alles vir my opgeoffer.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Paasfees vol hoop

Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë krui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid