Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 5 VAN 6

Ses Maniere om te Bid

As jy'n internetsoektog oor "hoe om te bid" sou doen, sou jy honderde, indien nie duisende, menings, praktyke en beginsels oor gebed vind. Daar is nie een regte manier om te bid nie, maar hier is 'n paar nuttige riglyne:

Bid Op Geskeduleerde Tye en Spontaan

Dit is belangrik om geskeduleerde tye saam met God te hê, asook spontane oomblikke. Die Skrif moedig ons aan om sonder ophou te bid (1 Tessalonisense 5:17). Waar jy ook al kan, hoe jy ook al kan, bid!

Bid Alleen en Saam met Ander

Wanneer ons sukkel om God se stem te hoor, is dit nuttig om vriende te hê wat saam met ons kan bid. In die Bybel sien ons hoe God mense individueel in gebed ontmoet (Matteus 6:6), terwyl hulle saam met mekaar bid (Matteus 18:20) en gesamentlik as kerk (Handelinge 2:42).

Bid Stil en Hardop

Spreek jou gebede hardop, selfs wanneer jy alleen bid. Dit kan meer soos 'n werklike gesprek voel, en jy het meer verbindingspunte met jou woorde soos jy dit dink, praat en hoor.

Bid met Jou Verstand en Liggaam

In die Bybel sien ons voorbeelde van mense wat bid terwyl hulle gesigte na onder op die grond lê, op hul knieë, sit, staan, of met opgeligte hande. Verandering van postuur kan ons help om teenwoordig te bly en met God in gebed te verbind.

Bid Jou Eie Woorde en Die van Ander

Gebed is soms 'n oorloop van ons eie gedagtes en begeertes soos ons dit aan die Vader uitdruk; maar regdeur die kerk se geskiedenis, het gelowiges ook gebede gebid wat deur ander geskryf is (soms genoem liturgie). Die Gebed Van Die Psalms of Die Onse Vader is voorbeelde hiervan in die Bybel.

Bid terwyl Jy Asemhaal

Dit word deur baie mense "asemgebede" genoem en is 'n praktyk wat ontwerp is om te help fokus op frases van waarheid uit die Skrif: een op die inaseming, dan 'n ander op die uitasem, en dit aan die Heilige Gees oorlaat om die spasies in te vul, net soos Hy belowe het om te doen (Romeine 8:26).

Gebed

"Ek glo (inasem). Help my ongeloof (uitasem)."
"U is nou by my (inasem). Dankie (uitasem)."
"Ek voel onsigbaar (inasem). Dankie dat U my sien (uitasem).”
"U het liggaam gemaak (inasem). Ek sal dit eer en versorg (uitasem)."
"Dit is moeilik (inasem). Ek sal wag om U hand daarin te sien, Here (uitasem)."

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid