Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 2 VAN 6

Jesus se Meesterklas oor Gebed

Jesus het nie aanvaar dat ons outomaties alles sou weet oor gebed nie. Hy het genadiglik Sy volgelinge wat in die Bergpredikasie wou leer bid, geleer en gesê:

Wanneer jy bid, gaan na jou binnekamer, sluit jou deur en bid tot jou Vader wat in die verborgene is. En jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou beloon. Wanneer julle bid, gebruik nie ydele herhalings soos die heidene doen nie, want hulle dink dat hulle verhoor sal word vanweë hulle baie woorde. Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet watter dinge julle nodig het voordat julle Hom vra.

"Daarom moet julle so bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom. laat U wil geskied op die aarde, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daagliks brood. En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaar vergewe En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose." Matteus 6:6-13

Let op sommige van die waarhede wat Jesus insluit: Gebed hoef nie lank of ingewikkeld te wees nie. Gebed is nie bedoel om'n openbare optrede te wees nie, maar gaan oor om met God te verbind. Gebed word deur God verwelkom. Hy hou daarvan om te reageer wanneer ons na hom toe kom. Gebed is 'n geleentheid om God te aanbid en sy grootheid te erken. Gebed kan insluit om vergifnis te vra, voorsiening te vra en God se wil te soek. Gebed bevorder God se Koninkryk op aarde! Ons vaardigheid en gesofistikeerdheid maak nie saak nie, want ons stel nie ons vertroue in die krag van ons gebede nie. Ons vertroue is in die krag van God, wat ons liefhet en na ons luister en optree wanneer ons bid. Dit is waarom ons bid. Die “regte woorde” of sekere formule is nie die fokus van gebed nie. Jesus is.

Gebed

“Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid