Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 4 VAN 6

Hoor van God

Daar is niks so lekker soos om God se stem te hoor nie. Een manier om Hom te hoor is deur Sy Woord. Romeine 10:17 sê vir ons, geloof kom deur gehoor, en gehoor deur die Woord van God (NKJV). Maar as ons deur geloof wil wandel en nie deur aanskouing nie, as ons die Woord van God wil hoor en die beloftes van God vervul wil sien, dan moet ons aanhou bid en vertrou dat God meer het om te deel. Hier is 'n paar sleutels om jou te help:

Wees Passievol, Selfs terwyl Jy Wag

1 Samuel 3 vertel van die verhaal van Samuel wat leer om na God se stem te luister. Wat beteken dit vir ons? Soos Samuel herken ons dalk eers nie God se stem nie. Dit mag tyd, geduld, en die raad van ander neem om ons te help bepaal wat ons hoor. Luister met gretigheid na Hom.

Het 'n Plek daarvoor

Regdeur die Evangelies sien ons hoe Jesus van Sy dissipels en die skare terugtrek om 'n stil plek te vind om te bid. Hy het dit gedoen omdat, al was en is Hy die Seun van God, Hy ook ten volle mens was. Hy het dieselfde stryd en afleidings as ons ondervind, en daarom het Hy vir ons deur voorbeeld gewys hoe belangrik dit is om alleen te wees om te bid. Net so, waar julle ook al kan, hoe julle ook al kan, neem oomblikke uit jou dag om jou verstand stil te maak en te bid.

Volhard Daarin

As jy elke dag konsekwent begin bid en dit steeds moeilik vind om God se stem te hoor, moenie moed opgee nie. Hou aan druk. Hou aan glo. Hou aan bid. Hou aan om God se Woord te bestudeer sodat wanneer Hy praat, jy weet dit is Hy! In Jeremia 33:3 belowe God: "Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou groot en magtige dinge laat sien wat jy nie weet nie" (CSB). Dit is 'n belofte wat die moeite werd is om te onthou en te volhard om nagekom te word!

Gebed

"Here, ek loof U omdat U goed en waardig is om geprys te word. Van geslag tot geslag en ouderdom tot ouderdom, U verander nooit nie. U is getrou aan U beloftes. U Volhard in U liefde. U is betroubaar in U Woord. Praat, Here, U dienaar luister! Amen!"

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid