Leesplan inligting

Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te KeerVoorbeeld

How To Help Your Millennial Return To Faith

DAG 5 VAN 6

"Die Krag van 'n Gebedskaart" 


Om vir ons kinders te bid, is van die beste dinge wat ons vir hulle kan doen. Dit is belangriker as om vir hul universiteitskoste te betaal, om vir hulle geld te stuur of om vir hulle geskenke te koop. Ouers, dit is baie kragtig om vir julle kinders te bid. Julle millenniërs het jul gebede nodig. Hulle mag jou dalk nie vra om vir hulle te bid nie, maar jou seun of dogter het jou gebede uiters nodig. 


Ek (Jason) onthou nog baie duidelik 'n prent wat my ma op die boekrak in my kamer gesit het. Dit het 'n pa voorgestel wat langs sy seun se bed kniel. Die pa hou sy hande voor sy gesig, wat aandui dat hy vir sy seun intree. Agter hom is 'n boogvenster met die prag van 'n glansende engel. Dit is 'n merkwaardige prent wat die krag van 'n biddende pa se gebed aandui en ook die hewige oorlog wat oor die siele van ons kinders gevoer word. My ma het dit in my kamer gesit om my daaraan te herinner dat sy en my pa vir my bid. 


Enkele jare na my ma se dood het ek in die bed gelê. Al was dit laat, kon ek nie slaap nie. Ek het nagmerries gehad en gevoel ek word deur die bose aangeval. Ek was te bang om dit vir enigeen te vertel, maar het dit met Joe, een van my ouers broers, gedeel. Sonder my medewete het hy my pa daarvan vertel. Ek onthou baie duidelik dat ek diep begin slaap het en toe wakker geword het deur, wat soos gefluisterde gebede geklink het. 


Wat ek nie besef het nie, was dat daardie geluide wat by die trappe opkom, die gebede van my pa was. Hy was besig om vir my in te tree! Daardie oggend het ek en my pa oor geestelike oorlogvoering gesels en waarom hy gedurende die nag vir my gebid het. Dit het my uitkyk op gebed verander. 


Jou gebede maak saak. Jou gebede is magtige wapens waarmee jy namens jou kinders, die Satan kan beveg. Jou gebede het die krag om jou kinders te beskerm en aan hulle geleentheid na geleentheid te bied om in hul verhouding met God en met jou te groei. Dit is so ontmoedigend om van ouers te hoor wat nie die selfvertroue het om vrymoedige gebede te bid nie. Ons weet van baie sulke ouers en ons kan tog onsself vereenselwig met die wat sukkel. Tog het ons goeie nuus vir jou: daar is baie wonderlike gebede in die Bybel. Al wat jy hoef te doen, is om sommige van hierdie gebede in die Bybel op te neem, daaruit te leer deur die gebedspatrone te volg en dit aan te pas as riglyne om vir jou kinders te bid.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How To Help Your Millennial Return To Faith

Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeur...

More

Ons wil graag vir Jason Jimenez en Tyndale House Uitgewers bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.tyndale.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid