Leesplan inligting

Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te KeerVoorbeeld

How To Help Your Millennial Return To Faith

DAG 3 VAN 6

"Die Rol van Ouers as Beïnvloeders van Geloof" 


Dit kan nie ontken word dat kultuur en kerk 'n belangrike rol in die ontwikkeling van elke mens speel nie. Tog het die rol wat ouers in hul kinders se lewens speel, verreweg die meeste invloed. Wat ouers glo en hoe hulle hul oortuigings uitleef (positief of negatief), het 'n groot impak op hul kinders.


 Jy sien, ouers is die sleutel. Ouers het die meeste en kragtigste invloed in 'n kind se lewe. Niks kan kers vashou teen die liefde van 'n moeder vir haar kinders nie. Niks weeg op teen die sekuriteit en wysheid wat 'n vader aan sy kinders gee nie.


 Wanneer ouers daarna strewe om die voorbeeld van 'n Christelike lewensstyl aan hul millenniër kinders te stel, is daardie kinders by verre meer geneig om in hul ouers se voetspore te volg. Niemand het meer krag en is uniek gekwalifiseerd as ma en pa om dit te doen nie. Daar is niks meer oorredend en oortuigend as 'n ouer wat sy geloof met vrymoedigheid en oortuiging uitleef nie. 


Nietemin, ouers moet gewillig wees om op te tree en die geestelike rol in die lewens van hul millenniër kinders aanvaar. Die gesin is die kern waarin die geestelike vorming van enige kind (ongeag hul ouderdom) plaasvind; maar as die ouers nie die passie en dryfkrag het om dit uit te leef en te onderrig nie, sal die wêreld uiteindelik ons kinders vorm. (Dit wil jy nie hê nie, en ons ook nie.)


Dit is kritieke tye vir millenniërs. Daarom is dit so uiters belangrik om in hul lewens betrokke te bly. Hulle het jou nou meer as ooit nodig. Onthou ook, jy is nie alleen in hierdie omstandigheid nie. Soek ander ouers op wat jou besorgdhede deel. Doen navraag by die kerk. Omring jouself met 'n ondersteuningsgroep of eendersdenkende ouers wat toegewy is om mekaar deur hierdie uitdagende tye te help.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Help Your Millennial Return To Faith

Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeur...

More

Ons wil graag vir Jason Jimenez en Tyndale House Uitgewers bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.tyndale.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid