Leesplan inligting

Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te KeerVoorbeeld

How To Help Your Millennial Return To Faith

DAG 1 VAN 6

"Ons Verloor Hoogte"


In 'n onlangse studie, het die LifeWay Navorsing en Fuller Jeuginstituut, beraam dat meer as die helfte van kinders na die hoërskool, die kerk sal verlaat en hulle van hul geloof losmaak. Dit is ontstellend, want menige ontluikende volwassenes neem dan groot besluite wat nie net hul lewens affekteer nie — maar hulle neem hierdie besluite sonder geloof in God. Jy het miskien 'n kind wat die Christendom verwerp het, of dalk het jy 'n begeerte om aan 'n onwrikbare fondament vir jou kind te bou. 


Wat ook al die geval is, Christenouers moet bewapen en gereed wees om oorlog te verklaar ter wille van die harte en siele van hul volwasse kinders. In Suid-Afrika, soos in baie ander lande, is ons kniediep in 'n kulturele oorlog vir ons kinders se geloof en vir die toekomstige lot van die Christendom. Die Satan hou nooit op om slinkse planne te beraam en leuens te versprei nie. Hy wil nie hê jy moet ferm in jou geloof staan nie, nog minder wil hy hê jy moet jou gesin lei nie. 


Hy gebruik die skuldgevoelens en spyt wat baie ouers koester om sy agenda te bevorder. Dis baie duidelik dat dit baie gebed en harde werk gaan verg om ouers toe te rus om standpunt in te neem en hul invloed en geloof te laat geld om die rigting van hul huishoudings te verander. Dit is egter die moeite werd. Indien jy ernstig is om meer te leer oor jou millenniër en jy soek na 'n beter en kragtiger manier om met hom of haar te kommunikeer, dan verwelkom ons die geleentheid om jou verantwoordelikheid te versterk sodat jy 'n stewiger verhouding met jou volwasse kind kan hê. Al is jou kind 'n volwassene, beteken dit nie dat jy nie meer 'n rol in sy of haar lewe kan speel nie. 


Ons wil jou bemagtig om dit te doen, dus het ons van die mees gerespekteerde Christendenkers (Lee Strobel, Ed Stetzer, David Kinnaman, Sean McDowell) gevra om jou te help om die wêreldbeskouing van tipiese millenniërs te verstaan en, hopelik, om die gapings te oorbrug wat tussen jou en jou volwasse kind bestaan. Dit is ons gebed dat hierdie leesplan jou geloof sal verdiep en jou toerus met die moed wat jy nodig het om die ouer te word wat jou kinders (jonk en oud) nodig het.


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Help Your Millennial Return To Faith

Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeur...

More

Ons wil graag vir Jason Jimenez en Tyndale House Uitgewers bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.tyndale.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid