Leesplan inligting

My RoepingVoorbeeld

My Calling

DAG 3 VAN 4

"Gaan na die Berg"



God se roeping moet in die konteks van God se voorsienigheid en sy dissipline beskou word. Elke fase is ewe belangrik, en kan nie gehaas word nie. Ons moet ook onthou dat God se roeping op enige gegewe stadium kan kom. Josef en Dawid het byvoorbeeld hul roepings vroeg in hul lewens ontvang, maar hulle moes deur 'n lang fase van God se dissipline gaan, voordat hulle toegerus was om hul opdragte te hanteer. In die geval van Moses het sy roeping gekom nadat hy 40 jaar van God se dissipline beleef het.



Eksodus 3:1: "Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het."



Horeb beteken “plek van droogte”, en dit is hier in die woestyn wat Moses God se roepstem gehoor het. Hierdie vermeende woestyn was die berg van God — die heilige grond. Eksodus 3:5: "Die Here sê toe vir hom: 'Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.'"



Die heilige grond was nie in Egipte nie, dit was nie in die woestyn nie, en dit was ook nie by die put nie, ook nie in Jetro se huis nie, maar dit was in Horeb, “die plek van droogte”. Wat ander as 'n woestyn beskou het, was in werklikheid die berg van God. Dit was juis op hierdie plek dat Moses die wet ontvang het; dit was hier waar hy met God gepraat het.



Wat ander dalk as ’n woestyn beskou, kan die heilige grond wees waar God sy opdrag openbaar. Deur die loop van die eentonige roetines van die lewe kan 'n gedagte, 'n visie, 'n lesing jou aandag trek. Soos jy op beweeg, om waar te neem en groter duidelikheid te verkry, mag jy dalk binnekort uitvind dat jy inderdaad heilige grond nader.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Calling

Wat beteken die term "roeping"? Is dit 'n hoorbare stem? 'n Droom? 'n Bonatuurlike ervaring? Hoe kan ek God se roeping vir my lewe uitken? Moses het 'n doelgerigte lewe gelei na daardie "brandende bos" ervaring, maar neg...

More

Ons wil graag vir Danny Sathyadass bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://citylightglobal.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid