Leesplan inligting

My RoepingVoorbeeld

My Calling

DAG 1 VAN 4

"Blom waar jy Geplant is"



Verskeie fases in Moses se lewe was instrumenteel om hom te help om God se roepstem uit te ken. Elke stadium is dus belangrik en die "brandende bos" ervaring kan nie oorweeg word sonder om die hand van God in elke fase in Moses se lewe te sien nie. God se hand van sorg en beskerming tydens Moses se kinderjare kan nie as nietig afgemaak word nie. Sy ouers, die prinses, sy opvoeding en paleisagtige leefstyl het hom sterk fondamente gegee. Op hierdie stadium is daar geen rekord van bonatuurlike ervarings of hoorbare stemme nie, maar God het deur omstandighede en mense gewerk om Moses te help om die beste voeding en versorging te kry wat Egipte gehad het om te bied: "Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en hy het uitgeblink in woord en daad" (Handelinge 7:22).



Wanneer ons na ons lewens kyk, sal ons sien hoe die Here dikwels helde en goeie tye in ons lewens gebruik het om sy sorg, beskerming en voorsiening te toon. Ons moet leer om te blom waar ons geplant is, en Hom met dankbaarheid te bedank vir alles wat Hy vir ons gegee het. Ons het so gewoond geraak aan hoëspoed-aflaaie en kitskosse, dat ons geneig is om te verwag dat God op 'n soortgelyke manier sal funksioneer. Moses se roeping het na 'n aansienlike tyd gekom, maar God was heeltyd aan die werk. God se roeping vereis 'n aanvaarding van gebeure in ons lewens wat deur God ontwerp of toegelaat is om ons te vorm vir die toekoms. 'n Voortydige afwagting om te hoor of 'n smagting na die "brandende bos" ervaring kan ons gefrustreerd laat. God se roepstem kan op enige stadium kom terwyl ons deur die lewensreise kronkel wat deur God daargestel is. Ons moet voortgaan om vorentoe te beweeg met wat reeds voorsien is en mettertyd sal ons die nodige duidelikheid hê oor daardie spesifieke opdrag. Tot dan — blom waar jy geplant is, met dankbaarheid in jou hart.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My Calling

Wat beteken die term "roeping"? Is dit 'n hoorbare stem? 'n Droom? 'n Bonatuurlike ervaring? Hoe kan ek God se roeping vir my lewe uitken? Moses het 'n doelgerigte lewe gelei na daardie "brandende bos" ervaring, maar neg...

More

Ons wil graag vir Danny Sathyadass bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://citylightglobal.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid