Leesplan inligting

Wysheid vir die ToekomsVoorbeeld

Wysheid vir die Toekoms

DAG 2 VAN 5

Vraag 2: Wat wil jy graag hê?

Jou vermoë om te ontsyfer wat jy graag wil hê of om ʼn besluit te neem, hang af van jou temperament. Sommige mense weet presies wat hulle wil hê en kan vinnig besluite neem, ten goede of ten kwade. Ander mense – wat meer lugtig is vir risiko's – het dalk meer tyd nodig. Oor die lang termyn maak dit nie regtig saak nie. Maar wanneer jy deur die uitdagings van die lewe gekonfronteer word, is dit van kardinale belang dat jy jou hartsbegeertes vir problematiese situasies kan verwoord, want dit sal jou help om op God se wysheid te steun.

Paulus was in die tronk toe hy aan die gemeente in Filippi geskryf het. Hy het ontsettende uitdagings in die gesig gestaar maar kon hulle met vreugde oorkom, want hy het die kuns bemeester om sy bekommernisse op die Here te werp (Filippense 4:6). Hy het geweet dat angs en bekommernis ʼn mens emosioneel en intellektueel lamlê. As jy soos enige ander mens is, het jy sekerlik ook al droefheid, trauma, angs of onsekerheid beleef wat jou lamgelê het – dalk tot so ʼn mate dat jy nie besluite kon neem of droom oor ʼn beter toekoms nie. Dink nou aan hoe dit prakties sal werk as jy jou aandag sou fokus op die uitkoms wat jy graag wil hê vir ʼn moeilike of problematiese situasie en dan daardie begeerte oorgee aan God. Paulus neem dit dan nog een stappie verder deur ons aan te moedig om ons smekinge met danksegging uit te spreek teenoor die Here. Vertrou, met vreugde en dankbaarheid, dat God reeds weet wat jy nodig het.

In Matteus 7:7-11 gee Jesus, nes Paulus, vir ons ʼn eenvoudige, voor die hand liggende metode om dit wat ons graag wil hê of benodig, te bestuur. As jy kinders het, was jy sekerlik nog nooit in die versoeking om hulle op hul verjaardag te na te kom deur iets aakligs vir hulle toe te draai as ʼn geskenk nie. Moet nooit twyfel aan God se vermoë om presies te weet watter gawes van oorvloedige lewe om vir jou toe te draai terwyl jy vra, soek en klop nie.

Om ʼn probleem te oorkom, moet ons presies kan verwoord waarvoor ons hoop en hoe dit met daardie probleem verband hou. Noudat jy reeds jou antwoord op die eerste vraag neergeskryf het (“Wat is die probleem?”), kan jy jou joernaal nadertrek en jou antwoord op die tweede vraag neerpen: “Wat wil jy graag hê?” Waarna smag jy in hierdie situasie? Wanneer jy jou begeertes begin verwoord, is dit menslik om te begin wonder: Is dit enigsins moontlik? Skuif egter daardie vraag vir eers opsy in die vertroue dat God die Skepper van alle moontlikhede is. Bid vir deurbraak in jou situasie. Moenie huiwer om elke gedagte wat by jou opkom met God te deel nie, selfs die eenvoudigste bekommernisse wat jy dalk nie sal waag om met ander mense te deel nie. Laat God toe om die verlammende angs wat jy ervaar, te laat wegsmelt terwyl jy jou behoeftes en begeertes aan Hom bekendmaak in die wete dat Hy elke gedagte en emosie met liefde ontvang en in staat is om vir jou ʼn uitweg te gee.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wysheid vir die Toekoms

Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symo...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid