Leesplan inligting

Wysheid vir die ToekomsVoorbeeld

Wysheid vir die Toekoms

DAG 1 VAN 5

Vraag 1: Wat is die probleem?

Jy ken jouself seker goed genoeg om te kan sê of jy ʼn optimis, pessimis of realis is. Miskien is jy geneig om paniekerig te raak wanneer jy gekonfronteer word met probleme. Of miskien sien jy die lewensreis se opdraandes as opwindende uitdagings wat jou fiks hou. In ieder geval spring niemand van ons die feit vry dat die lewe nog altyd vol uitdagings was, is en sal wees nie. En ons almal het God se wysheid nodig om daardie uitdagings te oorkom op maniere wat ons in staat stel om die oorvloedige lewe te geniet wat Jesus beloof.

Daarom gaan ons onsself vyf kragtige, praktiese vrae afvra wat ons denkwyse sal bevorder en ons sal toerus met wysheid vir die toekoms. Baie mense voel asof hul uitdagings hulle eintlik alreeds ondergekry het, daarom is hulle maar tevrede met ʼn laer lewenskwaliteit. Maar dit hoef egter nie jou verhaal te wees nie.

ʼn Baie goeie beginpunt – voordat jy jou die eerste vraag afvra – is om te onthou hoe Johannes vir Jesus beskryf het: “In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie!” (Johannes 1:4-5 NLV). Dit maak nie saak hoe donker jou lewensomstandighede is nie, dit kan nie Christus se lig in jou lewe uitdoof nie.

Die eerste vraag is bloot: “Wat is die probleem?” Om te skryf is ʼn ongelooflike nuttige manier om jou gedagtes te orden en om perspektief te kry. Bestee genoeg tyd daaraan om jou antwoord op hierdie eerste vraag neer te pen in jou joernaal; wees baie spesifiek en verskaf redes waarom hierdie spesifieke probleem jou so baie pla. Hou ook in gedagte dat ons soms ons uitdagings met ʼn skeefgetrekte ingesteldheid benader en dit kan op die ou end ʼn groter probleem raak as die probleem self. Bid daarom saam met Paulus dat “julle harte so verlig [sal word] dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou” (Efesiërs 1:18 NLV).

Dit is heeltemal te verstane dat jy dalk emosioneel, oorweldig of selfs gestres kan begin voel wanneer jy jou hierdie moeilike, eerlike vrae afvra. Moet asseblief nie tou opgooi nie. Hierdie vrae – wat begin met “Wat is die probleem? – sal jou hart en verstand oopstel vir die werking van die Heilige Gees wat vir jou die raad en wysheid kan gee wat jy nodig het vir die toekoms. Moet ook nie hierdie proses uitstel tot môre of volgende week nie. Daar is nie ʼn beter tyd as nóú nie, so neem die eerste tree van jou reis na ʼn beter perspektief en ware hoop.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wysheid vir die Toekoms

Staar jy ʼn moeilike uitdaging in die gesig? Is daar ʼn doelwit wat jy graag wil nastreef, maar jy voel asof jy vasgeval het? Geen opsies? Onseker oor jou volgende stap? In hierdie inspirerende leesplan ondersoek Jean Symo...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid