Leesplan inligting

Ongelyk GejukVoorbeeld

Unequally Yoked

DAG 4 VAN 4




Volg Jou Leier


Oordenking:


Wat sou Jesus doen? As Jesus by jou op die rusbank sou sit, en jy Hom van jou ongelowige huweliksmaat vertel, watter raad dink jy sou Hy gee? Wat sou Jesus jou vra om te doen?



Eerstens, dink ek sal Jesus jou meedeel dat Hy jou huweliksmaat meer liefhet as jy, en sy diepste begeerte is dat jou huweliksmaat Hom sal volg. Laat dit jou vertroue gee. Jy is nie alleen in hierdie stryd nie. Wees geduldig. Die Skepper van die heelal is die leier van julle span!



Tweedens, dink ek sal Jesus jou styf in sy arms toevou. Hy sal jou meedeel dat Hy bewus is van die moeilike pad wat jy stap. Om elke dag saam met 'n ongelowige te leef, is veeleisend en moeilik. Hy weet dit!



Derdens, dink ek Jesus sou jou aanmoedig om 'n vriend of twee te kry wat die pad saam met jou kan stap. Jy het mense nodig om vir jou en saam met jou te bid. Jy het iemand nodig by wie jy kan aanklop as dinge vir jou te veel word. Jy het die siening nodig van iemand wat jy kan vertrou wanneer jou siening troebel raak. Jy het iemand nodig wat jou met Jesus se liefde liefhet.



Vierdens, dink ek wanneer jy moedeloos word en wonder of jy nog 'n dag so kan aangaan, sal Jesus vir jou sê Hy is by jou. Steun op Hom, en laat Hy jou versterk en verfris. Hy verstaan jou stryd omdat Hy ook daardeur is. Laat Hom toe om jou te herinner Wie die stryd gaan wen! Dan kan jy met die krag wat net Hy kan gee, sy leiding dag na dag volg.



Ons dien 'n fantastiese God. Hy is 'n wonderwerker. Moenie ooit moed verloor nie. Te danke aan Hom het ons altyd hoop!



Vandag se Uitdaging:


Kweek die gewoonte om jou dag met gebed te begin en vra God om sy wysheid en krag.



Delf Dieper:


Bid dat God iemand oor jou pad sal stuur wat hierdie pad saam met jou kan stap — iemand met 'n onwrikbare geloof wat jy volkome kan vertrou. Iemand wat vir jou kan bid, en ook saam met jou bid. Iemand vir wie dit 'n voorreg sal wees om hierdie reis saam met jou te onderneem.



Hulpmiddel:


Gebruik ons Gebedskaarte vir die Huis in alledaagse oomblikke om Goddelike doelstellings in jou huwelik te bereik. 



Gebed is die heel BESTE ding wat jy vir jou huwelik kan doen. Dit is net God wat uiteindelik die veranderinge ten goede in julle harte en huwelik kan bewerkstellig; om Hom dus te nooi om al daardie dinge te doen, is die heel beste wat jy vir julle huwelik kan doen.



Hierdie negebladsy-dokument het 14 verskillende gebedskaarte wat jy oral in die huis kan neersit. Wanneer jy dus met alledaagse takies in die huis besig is, kan jy oomblikke afstaan om vir jul lewe en huwelik te bid. Hierdie eenvoudige gebedskaarte kan bemoedigende herinneringe wees om te bid en God te nooi om wonders met jul huwelik te vermag! Kry die Gebedskaarte vir die Huis by "Awesome Marriage". hier.



Maak ook seker dat jy "Awesome Marriage" op Instagram, Facebook en YouTube volg om nog insigte te bekom hoe om 'n fantastiese huwelik te bou. Ons sal graag met jou wil kontak maak! 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked

Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in...

More

Graag wil ons Dr Kim Kimberling en "Awesome Marriage" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek: http://awesomemarriage.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid