Leesplan inligting

Ongelyk GejukVoorbeeld

Unequally Yoked

DAG 1 VAN 4




Watter rol speel jy?


Oordenking:


Om met iemand getroud te wees wat nie 'n Christen is nie, is nie maklik nie, maar ... om met iemand getroud te wees wat teenoor die Christendom vyandiggesind is, is regtig moeilik. Die saak staan so: op die een of ander tyd het jy en jou huweliksmaat voor God gestaan en julle gesamentlik aan 'n lewenslange huwelik verbind. Die moontlikhede om uit jul huwelik te ontsnap, is min en moeilik. Dus, is julle gedoem tot 'n leeftyd van geestelike wanbalans? Kom ons neem 'n tree terug voordat ons die vraag beantwoord.



Die meeste paartjies wat gebuk gaan onder hierdie ongelyke juk, val onder een van hierdie kategorieë:



1. Geeneen was voor die huwelik gelowig nie, maar nou is een, en die ander een is steeds ongelowig.



2. 'n Gelowige het in die huwelik getree met iemand wat nie gelowig is nie, in die hoop dat dit sal verander.



3. Een het in die huwelik getree onder die indruk dat die ander gelowig is, maar eers later uitgevind dat die huweliksmaat nie 'n Christen is nie en ook nie toeganklik teenoor die Christendom is nie.



Kom ons kyk wat jou rol as Christen in elk van hierdie kategorieë is:



1. Dit is nie ongewoon dat God dit so bewerkstellig dat een van julle voor die ander in Hom glo nie. Jy mag dalk die rede wees hoekom jou huweliksmaat vir 'n verhouding met Jesus oop is. Jou rol is om op God te wag en vir jou huweliksmaat te bid.



2. Dit is 'n moeilike situasie, maar jy was daarvan bewus toe jy tot die huwelik ingestem het. Dit is maklik om druk op jou huweliksmaat te plaas en ongeduldig te raak, maar uit ondervinding weet ek dat om iemand onder druk te plaas nie werk nie. In plaas daarvan, kan jy eerder 'n lewende voorbeeld van Jesus wees. Ek is bewus dat jy nie perfek is nie, maar volg Hom daagliks. Gee aan God tyd om met jou huweliksmaat te werk. Dit mag jare neem, maar jou rol is om 'n lewende getuie te wees en vurig vir jou maat te bid.



3. Dit kan ingewikkeld wees, veral as jy voel jy is mislei. Ten spyte daarvan dat jy met 'n ongelyke juk belas is, het jy nou ook 'n probleem met vertroue. Eerstens is jou rol om te vergewe, selfs as jou huweliksmaat nie verander nie. Vergifnis open jou hart vir God se leiding. Wees dus 'n voorbeeld in jou daaglikse lewe en bid vurig vir jou huweliksmaat.






Terug by ons vraag: Is jy gedoem tot 'n leeftyd waarin julle twee in 'n geestelike wanbalans is? Die antwoord mag heel moontlik ja wees, maar hoe jy God toelaat om in jou te werk en jou reaksie tot God sal julle lewe verander tot diensbaarheid aan God. God is verantwoordelik om jou huweliksmaat se hart te verander en jou rol is om liefde te bewys, die huweliksmaat te wees waarvoor God jou geskape het, en om in gehoorsaamheid aan Hom en sy Woord te lewe.






Vandag se Uitdaging:



Begin deur elke dag te bid dat jou huweliksmaat se hart vir Christus se boodskap sal versag.






Delf Dieper:



Hoe sou 'n lewe van gehoorsaamheid aan God wees? Dit beteken dat jy daagliks doen wat Hy wil hê ongeag wat jou huweliksmaat doen. Bring tyd in gebed deur as jy hierdie stap oorweeg.






Hulpmiddel: 



Gebruik ons Gebedskaarte vir die Huis in alledaagse oomblikke om Goddelike doelstellings in jou huwelik te bereik. 



Gebed is die heel BESTE ding wat jy vir jou huwelik kan doen. Dit is net God wat uiteindelik die veranderinge ten goede in julle harte en huwelik kan bewerkstellig; om Hom dus te nooi om al daardie dinge te doen, is die heel beste wat jy vir julle huwelik kan doen.



Hierdie negebladsy-dokument het 14 verskillende gebedskaarte wat jy oral in die huis kan neersit. Wanneer jy dus met alledaagse takies in die huis besig is, kan jy oomblikke afstaan om vir jul lewe en huwelik te bid. Hierdie eenvoudige gebedskaarte kan bemoedigende herinneringe wees om te bid en God te nooi om wonders met jul huwelik te vermag! Kry die Gebedskaarte vir die Huis by "Awesome Marriage".


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked

Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in...

More

Graag wil ons Dr Kim Kimberling en "Awesome Marriage" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek: http://awesomemarriage.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid