Leesplan inligting

Ongelyk GejukVoorbeeld

Unequally Yoked

DAG 2 VAN 4

Kyk Verby die Weerstand.



Oordenking:


Wanneer jou huweliksmaat teenoor God weerstand bied, moet jy tyd afstaan om verby die weerstand te kyk. Is daar dalk iets in die persoon se verlede wat 'n invloed mag hê op die manier hoe hy of sy God sien? Was daar 'n traumatiese of lewenservaring waarvoor hy of sy God blameer? Wat jy van buite as weerstand ervaar, mag dalk die muur van binne wees wat die diepe seer wegsteek.


Tom was 6 jaar oud toe sy moeder oorlede is. Sy het 'n lang stryd teen siekte gehad, en Tom het elke aand gebid dat sy gesond moet word. Die aand voor haar dood, het Tom op die vloer gespeel en daar aan die slaap geraak, sonder om te bid. Die volgende oggend het sy pa hom vertel dat sy ma oorlede is. Hy het nooit 'n woord daaroor gesê nie, maar hy het homself vir sy ma se dood blameer omdat hy nie daardie aand gebid het nie — en hy het gevoel God is gemeen. Tom het homself belowe om God nooit weer 'n kans te gee nie.


Agt-en-twintig jaar later het ek Tom ontmoet toe hy my teensinnig vir berading besoek het. Sy huwelik was op die rotse en sy vrou, wat 'n Christen was, het hom gevra om my minstens een keer te kom besoek. Al het hy nooit beweer dat hy 'n Christen is nie, het sy nogtans met hom getrou. Sy het hom baie liefgehad. Sy haat teenoor God het egter 'n groot probleem in hul huwelik geword. Tom het gedurig en onwrikbaar herhaal dat hy niks met God te doen wou hê nie. Ek en Tom het mekaar alleen ontmoet en ek het hom gevra hoekom hy God so baie haat. Met trane in sy oë het hy geantwoord dat niemand nog ooit hierdie vraag aan hom gestel het nie. Ek was geskok. Vir die eerste keer vertel Tom toe wat met sy ma se dood gebeur het. Die muur het begin kraak en oor die volgende paar maande het Tom stadig sy hart vir God oopgemaak.


Ek het drie dinge in hul huwelik waargeneem: Eerstens, dat sy vrou vir twee jaar lank vurig vir hom gebid het. Tweedens, was sy aan God gehoorsaam om te doen wat Hy haar gevra het. Derdens, was die tyd reg en 'n geduldige God was daar toe Tom sy hart oopgemaak het. God het sy vrou gebruik, wat verby sy weerstand kon kyk, om hierdie man na Jesus terug te bring.


Vandag se uitdaging.


Vra God om jou te help om deur sy oë verby jou huweliksmaat se weerstand te kyk, na sy hart.


Delf Dieper:


Dit is normaal vir ons om te reageer op die uiterlike en nooit die innerlike raak te sien nie. Wanneer jy bid, kyk na jou lewensmaat as 'n verlore kind van God. Weet sonder twyfel dat God jou lewensmaat in sy koninkryk wil hê. As jy verby die weerstand kyk, bid dan om geduld en wysheid.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked

Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in...

More

Graag wil ons Dr Kim Kimberling en "Awesome Marriage" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek: http://awesomemarriage.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid