Leesplan inligting

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John PiperVoorbeeld

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

DAG 2 VAN 7

Die Gees Lei Ons


Keer op keer help die Skrif ons om sin te maak uit die lewe se vraagstukke: gebroke huwelike, rebelse kinders, dwelmverslawing, 'n nasie wat oorlog maak, nuwe blare wat in die lente verskyn, ons harte se versugtinge, die vrees vir die dood, kinders wat gebore word, prys en blaam wat algemeen voorkom, mense wat trots is en die bewondering van selfverloëning.



Die Bybel bevestig sy oorsprong menigmaal en help ons om sin te maak uit ons ondervindinge in die regte wêreld en wys ons hoe ons in harmonie kan leef. Ek hoop dat een van die leerstellings wat ons aanhang en bereid is om voor te sterf (en te leef), is dat die Heilige Gees die goddelike skrywer van die volle Skrif is.



Ek wens ons het heeldag tyd gehad om oor die wonderlike implikasie van hierdie leerstelling te gesels! Die ewige Heilige Gees, die Gees van liefde en blydskap tussen die Vader en die Seun, is die Skrywer van die Skrif.



  • Daarom is dit absoluut waar (Psalm 119:142) en betroubaar (Hebreërs 6:18).

  • Dit is kragtig, werk in ons harte met 'n doel (1 Tessalonisense 2:13) en keer nie leeg terug na die Een wat dit gestuur het nie (Jesaja 55:10-11).

  • Dit is suiwer, soos silwer wat sewe keer in 'n vuuroond gelouter is (Psalm 12:6).

  • Dit maak heilig (Johannes 17:17).

  • Dit gee lewe (Psalm 119:37, 50, 93, 107; Johannes 6:63; Matteus 4:4).

  • Dit bied wysheid (Psalms 19:8; 119:99-100).

  • Dit gee vreugde (Psalms 19:9; 119:16, 92, 111, 143, 174) en belowe 'n groot beloning (Psalm 19:12).

  • Dit gee die swakkes krag (Psalm 119:28), vertroos dié wat ontsteld is (Psalm 119:76), gee leiding aan dié wat verward is (Psalm 119:105) en red dié wat verlore is (Psalm 119:155; 2 Timoteus 3:15).


God se wysheid in die Skrif is onuitputlik. As hierdie leerstelling waar is, is die implikasie daarvan so diepgaande en verreikend, dat dit elke aspek van ons lewe behoort te beïnvloed.



Vind meer uit http://www.desiringgod.org/messages/the-holy-spirit-author-of-scripture


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

7-Dag Oordenking oor die Heilige Gees deur John Piper

Baie dankie aan John Piper en "Desiring God" wat hierdie leesplan beskikbaar gemaak het. Besoek http://www.desiringgod.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid