Leesplan inligting

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John PiperVoorbeeld

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

DAG 1 VAN 7

Die Gees is God se Vreugde


Die Heilige Gees is God. Die persoon wat in ons woon, ons lei en reinig, is niemand anders as God, die Heilige Gees nie. Die bewys hiervan is die etlike benamings: "Gees van God" en die Gees is "van God." Dis nie omdat God hom geskape het nie, maar omdat hy God se natuur deel en vir ewig van God af kom (1 Korintiërs 2:10-12).



As die Seun van God ook vir ewig by die Vader is, soos Johannes 1:1-3 dit duidelik stel, is die Heilige Gees ook ewig met hul altwee. Volgens Romeine 8:9-11, is die Gees van Christus dieselfde as die Gees van God. As dit nie so was nie, sou ons onsself moes verbeel dat daar 'n tyd was toe die Seun geen Gees gehad het nie, en die Vader ook nie. Die Heilige Gees is egter noodsaaklik in die verhouding tussen die Vader en die Seun. Om Handley C.G Moule se woorde aan te haal: "Hy is die Gevolg, die Verbondskap, die Voertuig van hulle ewige, gesamentlike genot en liefde" ("Person and Work of the Holy Spirit", bl 28).



So ver terug in die ewigheid soos wat God die Vader, die Seun liefgehad het, was daar 'n oneindige Heilige Gees van liefde en blydskap tussen hulle, wat op sigself 'n goddelike Persoon is. As Jesus in Johannes 17:26 vir die kerk bid, vra hy sy Vader vir niks minder as die Heilige Gees nie: "Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.”



Die wonderlikste van alles, wat ons in hierdie oordenking sal ontdek, is dat wanneer die Heilige Gees in ons lewens kom, hy nie net as die Gees van die Seun of net as die Gees van die Vader kom nie, maar as die Gees van oneindige liefde tussen die Vader en die Seun, sodat ons die Vader kan liefhê met die Seun se liefde en die Seun kan liefhê met die Vader se liefde.



Vind meer uit: http://www.desiringgod.org/messages/the-holy-spirit-he-is-god


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

7-Dag Oordenking oor die Heilige Gees deur John Piper

Baie dankie aan John Piper en "Desiring God" wat hierdie leesplan beskikbaar gemaak het. Besoek http://www.desiringgod.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid