Leesplan inligting

Dis Tyd Vir FokusVoorbeeld

Dis Tyd Vir Fokus

DAG 6 VAN 7

Hoekom gebeur slegte dinge?

Johannes 16:33 “Dit sê ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin”

Deuteronomium 1:6 “Die Here ons God het by Horeb vir ons gesê: ‘Julle het nou lank genoeg by hierdie berg gebly ...”

Die lewe is vol van swaarkry en onbeantwoorde vrae. Ons teksvers beaam dit. Die vraag is: hóékom gebeur die dinge? My siel skreeu ten hemele vir sóvéél situasies waarvan ek bewus is ... ook my eie.

Ek dink aan woorde van oom Angus (Buchan) ‘n klompie jare gelede: “our nation has become fatherless”. Selfs die vaders van ons tyd, weet dikwels nie wat dit is om ‘n vader te hê of te wees nie. Dis uiters hartseer. Die teenoorgestelde is ook waar— baie vroue word oorweldig deur oneindige verwagtinge van die lewe en soveel meer redes alle kante toe wat die realiteite in neon-geel uitlig.

Wat wil God vir ons sê? Ek lees (toevallig) vandag ‘n nota van ons oom Angus se vorige nuusbriewe raak. My pupille het die skerm voor my omhels waar hy skryf: “On the 12th of December, while waiting on the Lord for a Word for us, the Scripture which the Lord Jesus gave was Deuteronomy 1: 6 ... ‘n belofte!

Dit is vir my opvallend dat hierdie skrif inklusief was. Dit was nie net vir Moses gegee nie — dit was vir almal, die hele volk! Ons elkeen is deel van die nasate wat in God se stamboom ingeweef is. Hy wil hê dat ons Hom moet sien, in alles en sy woorde moet eet asook die beloftes ons eie maak. Hy hét reeds oorwin!

Ek wil soos Job beaam: “Ek weet dat my Losser leef” (Job19:25a). Job het aangehou met vashou aan dít wat hy geweet het waarheid is. God alleen is Vader vir dié waar dit ontbreek, Hy alleen kan herstel tot op die been, dit is net Hy wat kan omdop, oprig, uitskud, herbelyn en skoonmaak. Ons almal het dit nodig.

Trek jou geestelike tekkies aan: “Kyk, Ek gaan iets nuut doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom” (Jesaja 43:19a). Luister, staan gereed en onthou dat gister, laasnag geëindig het. Dis tyd om verby die berg te stap, binne-in God se arms in en nie terug te kyk nie.

Gebed: Soveel keer Heer skrop realiteite nes in my lewe. Ek voel geknoop máár U het reeds oorwin en beloof om saam met my te reis. Ek vra dat u Gees my kompas sal wees — na dit wat U vir my in u hand het!

Al voel jy hoe ook al, nooi ek jou om van vandag af neer te skryf waarvoor jy God vertrou. Daardie omstandighede of besorgdheid wat jou so oorweldig. Doen dit net. Of stel ‘n nota op jou selfoon vir ‘n maand of twee vooruit. Ek verseker jou, jou huidige prentjie gaan dan anders wees of besig wees om ‘n metamorfose te ondergaan — vertrou groot!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Fokus

Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toe...

More

Ons wil graag vir Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid