Leesplan inligting

Dis Tyd Vir FokusVoorbeeld

Dis Tyd Vir Fokus

DAG 5 VAN 7

Terug in die boks

Psalm 139 AFR83 “Here U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit" (Verse 1-2a). "Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit" (Vers 3a). "Al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is” (Vers 16b).

Dis asof die lewe in stadige aksie by my kom stop het. Ek dink skielik aan kosbare mense, ook die wat ver bly. Baie van hulle is deel van my verhaal. Daar is ook ander wat nie kontak het met diegene wat ook deel van hul verhale uitmaak nie. Redes kan wyd wees. Daar is ‘n sêding: “Distant family don’t have to stay that way”. Al die waaroms het my oorweldig en die voorheen geldige insigte, het soos Noot-vir-Noot se ‘buzzer’ in my ore gelui; soos met ‘n verkeerde antwoord.

Tydens ‘n gesprek op die televisie geselsprogram, Dr. Phil, kyk hy peinsend na ‘n familie wat vir jare reeds verwronge verhoudinge en seer teenoor mekaar koester. Ek het ‘n hoogs intelligente antwoord van Dr. Phil verwag, toe hy slegs die volgende kwytraak: “Someday, maybe even sooner than you think, one of you will die first. It’s a fact. Then the rest of you will feel so stupid.”

Almal op stel en gehoor was stil en het gestaar na mekaar.

Ek het ‘n traan in my hart ervaar. Ja, soms pas daardie skoen van "dis beter so" maar ons verkies dat hy eerder die lewe uit ons druk voordat ons buig of erken.

Dr. James Dobson het eenkeer vertel hoe hy, ná ‘n Monopoly spel, al die huisies, kaartjies en dobbelsteen in die boks weggepak het. Hy het gedink: “After obtaining so much, even trampling upon someone while ‘playing’, it all goes back in the box and is obtained by another”.

Ek het dikwels talle vrae. God het my geken wyl ek nog in my moederskoot gevorm is. Hy hou my nog altyd in stand. Hy sê vir my dat Hy na my sal omsien en beskerm. Ek wonder net waarom ons so jaag, verby mense en op pad na nog ‘n taak, vergadering of byeenkoms sonder dieper nut. Ek wonder oor menseverhoudinge wat skipbreuk gely het — en dan? Is daar ‘n eindelike punt? Sien ek raak? Hou ek iemand vas? Tel ek iemand op?

Gebed: So wonderlik soos U my geskape het Heer, so groot is u genade ook vir elke dag. Of ek sit of staan, alles is oop voor U. Help my Here om my boks van die lewe te vul met u geur, om elkeen wat inloer se hartklop te hoor en U te weerspieël!

Moenie verby mense leef nie. Die lewe is regtig baie kort. Elke dag is daar iets van jouself wat jy kan gee, selfs al is dit net ‘n glimlag.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Fokus

Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toe...

More

Ons wil graag vir Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid